fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Hoër onderwys ‘n weergawe van die situasie in Suid-Afrika

"Die departement van hoër onderwys se kwartaalverslag van 2019 is 'n mikroweergawe van die toestand van Suid-Afrika as geheel," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van hoër onderwys.

"Verskeie beplande uitsette in hierdie periode (April tot Julie), is nie behaal nie. Die ergste is die onderhoudsprogram, waar slegs 2,7% van die jaarlikse begroting bestee is in stede van 40.

"Net soos met die land as geheel, is daar tog eilande van voortreflikheid. Byvoorbeeld, die mikpunt van 60 dae tussen die maak van 'n afspraak om 'n ambagstoets af te lê en die werklike tyd vir ‘n afspraak, is slegs 37 dae.

 

"Die redes vir onderbesteding word in die verslag soos 'n refrein herhaal en dit kom neer op ‘n gebrek aan kundige personeel."

 

"Daar is 'n treffende korrelasie tussen wetlike beperkings daarop om kwalifiserende individue aan te stel vanweë demografiese kenmerke en die onvermoë om beplande uitsette te bereik.

"Die VF Plus ondersteun, maar betreur die verslag," sê Boshoff.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.