Bultfonteinweg dalk na twaalf jaar weer oop

2019-09-05
Die Redaksie

Die Sol Plaatje-komitee vir ekonomiese ontwikkeling, stedelike herlewing en toerisme het vanoggend besluit om Bultfonteinweg weer te open, hangende die insette van 'n ad hoc-komitee wat uit verskeie rolspelers saamgestel moet word.

 

Vrae wat beantwoord moet word is:

Wat gebeur met die sowat 300 taxi's wat bedags die straat vir parkering gebruik?

Watter soort voertuie sal toegelaat word om die pad te gebruik?

 

Die komitee moet uit die volgende rolspelers bestaan:

Die departement van openbare werke, die provinsiale departement van vervoer, Sol Plaatje se departemente van verkeer en infrastruktuur, sowel as taxiverenigings.

 

"Hierdie positiewe stap sal nou aan die volle munisipale raad vir goedkeuring voorgelê word," sê Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid in die Sol Plaatjie-munisipaliteit.

KOBUSVANDENBERGSOLPLAATJIENOORDKAAP

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!