"Die skokkende afname van 2,2% in Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers dui op die vernietigende gevolge van ANC-beleid, en die land se kiesers moet nou van die regering ontslae raak om te verhinder dat die land as mislukte staat oor die ekonomiese afgrond stort," sê adv Anton Alberts, VF Plus-voorsitter
Uit statistiek van Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor die land se bruto binnelandse produk (BBP) wat pas bekend gemaak is, blyk dit dat president Cyril Ramaphosa geen effek op die land se ekonomie gehad het nie.
Alberts sê dit gaan inteendeel slegter in sy eerste termyn as in die laaste termyn onder voormalige president Jacob Zuma (laaste kwartaal 2017) toe die BBP met 3,1% gegroei het.
"Daar is verwag dat die landbou-sektor ten minste die ekonomiese syfers beter sou laat lyk, maar geen ware reddingsboei bestaan meer vir dié sektor nie en die skerp daling van 24,7% in die landbousektor moet die boodskap aan die regering stuur dat hier ‘n dringende reddingsaksie nodig is.
"Die inkrimping van die ekonomie hou sonder twyfel verband met die onsekerheid wat talle beleidstukke skep, soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in die algemeen.
"In die mynbou-sektor skep bydraende faktore soos die onsekerheid wat die Mynbou-handves bring ontwrigting terwyl onteiening sonder vergoeding skadelike gevolge in veral die landbou-sektor tot gevolg het.
"Al oplossing wat daar nou is, is dat die kiesers besef die ANC het hulle gefaal het en dat ‘n koalisie van redelik-denkendes, waarvan die VF Plus die enigste party is wat die vryemark beskerm, gevorm moet word om die ANC in 2019 te onttroon