Jongste Nuus

VF Plus verwelkom hersiening van weermag-onderhoudskontrakte met Kuba

2022-08-24
Fanie du Toit

Die VF Plus verwelkom die minister van verdediging, Thandi Modise, se aankondiging dat die omstrede weermag-onderhoudskontrakte van miljoene rand met Kuba, saam met ander kontrakte hersien gaan word.

Die minister se aankondiging was in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus in die... Lees verder


Massavergiftiging van aasvoëls in Krugerwildtuin: VF Plus vereis dringende ingryping

2022-08-18
Werner Weber

Die VF Plus het Donderdag 'n voorstel by die provinsiale wetgewer ingedien om aasvoëlbedreigings in die Nasionale Krugerwildtuin en omliggende natuurreservate in die Bosbokrand-plaaslike munisipaliteit dringend aan te spreek.

Meer as 'n honderd aasvoëls en 'n hiëna het einde verlede ... Lees verder


Fred Norman Laerskool: Lesufi wys vooroordeel deur stilswye oor swart op bruin rassisme

2022-08-17
Adv Anton Alberts

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se stilswye oor die rassistiese behandeling van 'n bruin ouer deur 'n swart onderwyser by die Fred Norman Laerskool dien as verdere bewys van sy vooroordeel.

Indien 'n wit Afrikaanse onderwyser die oortreder was, sou Lesufi onmiddellik die... Lees verder


VF Plus beveel Curlewis aan vir paneel wat moet besluit oor Ramaphosa

2022-08-10
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus gaan voorstel dat die strafregkundige dr. Llewellyn Curlewis dien op ʼn onafhanklike paneel wat moet besluit of genoeg bewyse bestaan om pres. Cyril Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Indien die bewyse gevind word, kan die proses in die Nasionale Vergadering... Lees verder


VF Plus verwelkom ontwerpbeleid vir die erkenning van verskillende soorte hoër onderwysinstellings

2022-08-10
Dr. Wynand Boshoff

Die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, dr. Blade Nzimande, het 'n voorgestelde beleid vir openbare kommentaar bekendgestel wat belangrike verbeterings kan inlui.

Die belangrikste hiervan is dat die benaming "universiteit" voortaan nie meer tot openbare hoër... Lees verder


Mpumalanga-wetgewer aanvaar VF Plus se voorstel om privaatreservate te help teen renosterstropery

2022-08-10
Werner Weber

'n Voorstel van die VF Plus dat die Mpumalanga-regering sy fokus verskuif na die ondersteuning van privaatreservate in die eskalerende oorlog teen renosterstropery, is deur die provinsiale wetgewer aanvaar.

Luidens statistiek van die departement van bosbou, visserye en omgewing wat verlede week... Lees verder


VF Plus loods veldtog teen swak behandeling in staats- en provinsiale hospitale

2022-08-10
Philip van Staden

Die VF Plus het ʼn veldtog van stapel gestuur teen die swak behandeling van pasiënte in staats- en provinsiale hospitale. (Sien aangehegte video).

Die party het ook reeds op 7 Julie vanjaar die Menseregtekommissie (MRK) skriftelik versoek om ʼn soortgelyke ondersoek te doen nadat daar die... Lees verder


Vrouedag eerder Roudag vir vroue in Suid-Afrika

2022-08-09
Erika Botha-Rossouw

Suid-Afrikaners vier vanjaar die 28ste Nasionale Vrouedag en die VF Plus wil op hierdie spesiale dag vir vroue opnuut hulde bring aan die vroue en moeders van die land.

Dit is hulle wat soos die standbeeld van die Vrouemonument in Bloemfontein, vorentoe kyk, na die koms van 'n nuwe dag.

Die... Lees verder


Gesprek oor groter outonomie vir Wes-Kaap raak dwingend

2022-08-06
Peter Marais

Die gesprek om groter outonomie en seggenskap vir die Wes-Kaap in sy eie sake is dwingend en realisties en moet met erns en ʼn oop gemoed gevoer word.

Die VF Plus se LPW, mnr. Peter Marais, het om hierdie rede ʼn debat in die Wes-Kaapse wetgewer oor dié aangeleentheid aangevra.

Volgens mnr.... Lees verder


Bheki Cele mislei publiek oor forensiese toetse

2022-08-02
Dr Pieter Groenewald

Die minister van polisie, Bheki Cele, is oneerlik met die publiek van Suid-Afrika deur voor te gee die polisie maak vordering met die reuse agterstand in DNS-toetse.

Ná die onaanvaarbare en wrede verkragting van agt vroue wat besig was om ’n musiekvideo by Krugersdorp te maak, het... Lees verder


« 1 2 ... 5 6 7 8 9 ... 160 161 »