Jongste Nuus

Droogte-ramptoestand verleng – regering moet nou daad by woord voeg

2020-06-04
Die Redaksie

"Aangesien daar nie tydens die droogte-ramptoestand, wat op 4 Maart 2020 aangekondig is, enige hulp aan landbouers gegee is nie, verwelkom die VF Plus die verlenging daarvan," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van landbou.

"Dit moet nie verwar word met die nasionale... Lees verder


Die polisie se bewering dat vuurwapen-amnestie misdaad laat afneem, is onwaar

2020-06-03
Die Redaksie

"Die polisie probeer die indruk skep dat dit vuurwapen-amnestie was wat gelei het tot 'n vermindering van 'n wye verskeidenheid misdaad, in werklikheid was dit 'n direkte gevolg van die landwye inperkingsperiode," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die VF Plus het vandag in 'n... Lees verder


Regering loop hom al meer vas oor gedwonge kwarantyn

2020-06-03
Die Redaksie

"Die regering is besig om homself al hoe meer vas te loop teen die gereg oor sy drakoniese regulasies waar hy volle beheer probeer uitoefen oor landsburgers se keuse om self in isolasie of kwarantyn geplaas te word of in ʼn gerief opgeneem te word indien hulle positief vir Covid-19 getoets word,"... Lees verder


Kinderbeskermingsweek 2020 reeds ‘n mislukking

2020-06-03
Die Redaksie

"Alhoewel hierdie week jaarliks herdenk word om groter bewusmaking van kinderregte onder landsburgers te skep, vind daar steeds te veel geweld teenoor kinders plaas," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van maatskaplike ontwikkeling.

"Die hoeveelheid aangemelde klagte van geweld... Lees verder


VF Plus verwelkom uitspraak wat sakevryheid bevorder

2020-06-02
Die Redaksie

"Volgehoue druk deur opposisiepartye en burgerregte-organisasies is van kardinale belang om die Suid-Afrikaanse regering verantwoordbaar te hou gedurende die tyd van inperking," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel, nywerheid en mededinging.

"Die minister van handel,... Lees verder


Vuurwapen-amnestie skep verwarring

2020-06-02
Die Redaksie

Verwarring heers oor die vroeëre uitlating van die minister van polisie, Bheki Cele, dat die amnestieperiode om onwettige vuurwapens in te handig, verleng sou word. Die bestaande amnestieperiode het op 31 Mei verstryk.

"Dit moet duidelik gestel word dat die minister nie die bevoegdheid het om... Lees verder


Goeie nuus oor skole wat kan heropen – op versoek van die VF Plus

2020-06-02
Die Redaksie

"Die VF Plus is verheug oor die aankondiging dat skole wat daarvoor voorbereid is, dadelik en volledig kan open," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van basiese onderwys.

"Die onopvallende wyse waarop hierdie aankondiging sonder die nodige reklame in die Staatskoerant (nr. ... Lees verder


Ramaphosa vaag oor groeiplanne vir die ekonomie: Die vraag is steeds die werkbaarheid daarvan

2020-06-01
Die Redaksie

"President Cyril Ramaphosa se idees om die ekonomie weer op die been te kry, sal bloot net planne bly indien daar nie praktiese, werkbare voorstelle is nie. Hy het die afgelope naweek aanlyn met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum oor sy ekonomiese heropbou-planne gepraat," sê dr.... Lees verder


Aanhitsing van geweld in enige vorm, teen enigiemand, is onaanvaarbaar

2020-06-01
Die Redaksie

Die VF Plus het vandag ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ‘n Twitter-profiel met die naam @BLudidi, die eienaar waarvan aan ons bekend is. Hierdie profiel het onlangs in reaksie op ‘n vorige tweet gevra of witmense nie maar "werklik" doodgemaak... Lees verder


Staatsdienspensioenfonds-pensioenarisse se ‘Transnet-oomblik’ het aangebreek en moet sterk teengestaan word: Openbare Beleggingskorporasie tree roekeloos op met die idee om Eskom te red deur skuld in aandele om te sit

2020-05-29
Die Redaksie

"Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se voorstel aan die regering om skuldbriewe van Eskom om te sit in aandele, is uiters roekeloos en kan tot ‘n storm van litigasie aanleiding gee. Die OBK het namens die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) in dié skuldbriewe belê," sê ... Lees verder


« 1 2 ... 4 5 6 7 8 ... 128 129 »