Jongste Nuus

Volgehoue korrupsie en wanbestuur in ANC-beheerde plaaslike regerings en dispute met Eskom bedreig landsekonomie

2020-09-07
Die Redaksie

"Die beslaglegging deur Eskom op ‘n rekening van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia) in ‘n poging om uitstaande skuld van R3,4 miljard te verhaal, is weereens ‘n bewys van die omvangryke bedreiging wat... Lees verder


Plaasmoord: Oorlewendes is ook slagoffers

2020-09-01
Die Redaksie

(Debat in parlement)

 

Die oorlewendes van plaasaanvalle is ook slagoffers en die fokus moet ook op hulle geplaas word in ʼn debat oor die aangeleentheid.

Dit is die mense wat ʼn plaasaanval oorleef het en met hul lewe moet aangaan met die trauma wat vele moes beleef om teenwoordig te wees... Lees verder


Mangaung: Hof beslis teen opportunistiese raadslede

2020-08-28
Die Redaksie

"Die Bloemfonteinse hooggeregshof het die aansoek van drie ANC-raadslede om 'n interdik te bekom om die vergadering te keer waar 'n nuwe burgemeester van die Mangaung-metro-munisipaliteit verkies sal word, met koste van die hand gewys," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en koukusleier van die... Lees verder


Geslagsgeweld: Regering moet daarop fokus om huidige stelsels te verbeter

2020-08-28
Die Redaksie

"Die tema van vandag se vroue-parlement is teenstrydig met die werklikhede wat vroue ervaar. Die grootste mislukking van die bevordering van kollektiewe pogings om geslagsgegronde geweld te beëindig, is dat daar nie werklike kollektiewe pogings bestaan nie," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP... Lees verder


VF Plus verwelkom inhegtenisnemings na aanval op boer naby Potchefstroom

2020-08-27
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van sewe verdagtes vir die aanval op mnr. André Marais op sy plaas buite Potchefstroom vroeër die week," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die NRP.

"Die VF Plus bedank die lede van die verskillende polisie-eenhede wat onverpoos saamgewerk ... Lees verder


Nuwe dagbreek realiseer toe nie onder Ramaphosa, eerder ‘n sonsondergang

2020-08-27
Die Redaksie

"Die omvattende korrupsie tydens die huidige Covid-19-inperkingstydperk onderstreep opnuut dat die “nuwe dagbreek” van korrupsiebestryding nie vir Suid-Afrika aangebreek het soos wat president Cyril Ramaphosa met sy inhuldiging as president beloof het nie," sê dr. Pieter... Lees verder


Onaanvaarbaar dat die geneesheer-generaal skotvry afkom ná besit van ongelisensieerde vuurwapen

2020-08-26
Die Redaksie

Dit is onaanvaarbaar dat die geneesheer-generaal en hoof van Suid-Afrika se militêre gesondheidsdiens, lt.genl. Zola Dabula, skotvry kon afkom nadat hy vroeër vanjaar in hegtenis geneem is en ʼn nag in die Temba-polisieselle deurgebring het weens die besit van ʼn ongelisensieerde... Lees verder


Rampbestuur-regulasies word misbruik om grondbesetting te bevorder

2020-08-26
Die Redaksie

"Die rampbestuur-regulasies wat bepaal dat uitsettings nie gedoen mag word nie word misbruik deur grondbesetters en sekere politieke partye om onwettige grondbesetting te bevorder. Daar is tans ‘n duidelike toename in onwettige besetting," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die... Lees verder


Ramaphosa erken sy onvermoë om op te tree teen korrupsie

2020-08-24
Dr Pieter Groenewald

Die feit dat president Cyril Ramaphosa diepliggende probleme in die ANC deur middel van twiets op die sosiale media noem, is ‘n bewys dat hy onbevoeg is om die probleme daadwerklik op enige ander manier aan te spreek.

Hy tree op soos ‘n Pontius Pilatus wat nie self wil optree teen... Lees verder


ANC-regering in die Noord-Kaap oortree landswette tot nadeel van belastingbetalers

2020-08-22
Mnr. Michal Groenewald

Tydens ‘n vergadering van die parlementêre komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) waar onder meer die stand van munisipaliteite in die Noord-Kaap bespreek is, het die vernietigende impak van ANC-binnegevegte op dienslewering weer sterk na vore getree.

Die... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 ... 136 137 »