Jongste Nuus

Gevolge van Covid-19 op gesondheidstelsel noodsaak groter waaksaamheid op paaie hierdie feestyd

2020-12-01
Mnr. Piet Mey

Debat in parlement oor padveiligheid met feestyd

 

"Die gevolge van Covid-19 op die land se gesondheidstelsel bring mee dat persone wat in die komende feesseisoen in motorongelukke beseer word en dringend mediese sorg benodig, straks nie so geredelik gehelp sal kan word soos voorheen nie,"... Lees verder


Mkhize moet oop kaarte speel oor moontlike vlak 3-inperkings in Oos-Kaap

2020-11-30
Philip van Staden

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sal oop kaarte moet speel met die inwoners van die Oos-Kaap asook die res van die land oor ‘n moontlike vlak 3-inperking in hierdie provinsie.

Dit was vir die VF Plus ontstellend om gister in die media te verneem dat die minister reeds gesprekke met ... Lees verder


Grondwethof-uitspraak oor Wet op Oproerige Byeenkomste verleen stukrag aan klagte van VF Plus teen EFF en BLF

2020-11-28
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat die Wet op Oproerige Byeenkomste wel grondwetlik is," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die beteken dat die klagte wat die VF Plus hierdie week ingevolge dié betrokke wet ingedien het teen die leier van die EFF,... Lees verder


Zondo stuur regte sein met besluit om Myeni te laat vervolg

2020-11-27
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus steun die besluit van adjunk-hoofregter Raymond Zondo om Dudu Myeni, voormalige SAL-voorsitter, strafregtelik te laat vervolg. 

Die volg kort op sy besluit om ook vir oud-president Jacob Zuma te laat vervolg.

Dit is belangrik dat regter Zondo streng optree teen diegene wat die... Lees verder


Regering sal baie beter na die welstand van gesondheidswerkers moet begin omsien

2020-11-26
Die Redaksie

"Die VF Plus maan die Suid-Afrikaanse regering om baie vinnig beter om te sien na die welstand van die land se gesondheidswerkers," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Dit is ‘n skreiende skande dat hierdie soldate in die geveg teen Covid-19 die... Lees verder


Malema nie verhewe bo die reg en VF Plus sal klag indien na dreigement teen polisielede

2020-11-24
Die Redaksie

"Julius Malema, leier van die EFF, is nie verhewe bo die reg nie en sy gevaarlike en kwalik verskuilde dreigemente van geweld teen polisielede in hul eie huise by hul gesinne, is niks anders as intimidasie nie," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die VF Plus is in die proses om... Lees verder


VF Plus gaan versoek rig vir amptelike besoeke aan alle provinsiale hospitale en klinieke

2020-11-23
Die Redaksie

"Die VF Plus gaan die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid, dr. Dhlomo, amptelik versoek dat die komitee vroeg in die nuwe jaar begin met ‘n veldtog om elke provinsiale hospitaal en kliniek regoor Suid-Afrika te besoek om eerstehands te sien in watter... Lees verder


EFF wys met optrede in Brackenfell hy is totaal onbetroubaar en buite beheer

2020-11-20
Die Redaksie

"Die EFF het vanoggend gedoen wat die VF Plus voorsien het deur geen waarde te heg aan ‘n hofbevel of sy ooreenkoms met die polisie dat net ‘n honderd mense “vreedsaam” aan die optog na die Hoërskool Brackenfell mag deelneem nie," sê dr. Corné Mulder, VF... Lees verder


Zondo moet streng optree teen Zuma: Hy is nie verhewe bo die reg

2020-11-19
Die Redaksie

"Adjunk-hoofregter Raymond Zondo moet streng optree teen oud-president Jacob Zuma wat vandag ‘n sitting van die Zondo-kommissie sonder toestemming verlaat het," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Zuma is nie verhewe bo die reg nie, en het geen reg om minagtend op te tree teenoor ... Lees verder


Optogte soos wat die EFF vir Vrydag in Brackenfell beplan, is ‘n totale minagting van die regte van wetsgehoorsame burgers

2020-11-19
Die Redaksie

"Optogte soos dié wat die EFF vir Vrydag na die Hoërskool Brackenfell beplan, is ‘n totale minagting vir die grondwetlike regte van wetsgehoorsame mense wat nie daarmee vereenselwig nie," sê dr. Cornê Mulder, VF Plus-LP en hoofsweep.

"Dit is kommerwekkend dat die EFF... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 141 142 »