Jongste Nuus

Vlak van subsidiëring van staatsbystand vir hulpbehoewendes onvolhoubaar (Debat in NRP)

2022-09-22
Fanie du Toit

Die vlakke van die subsidiëring van basiese dienste vir hulpbehoewendes, tesame met al die ander welsynstoelaes en gratis dienste, is onvolhoubaar met die huidige stand van die land se ekonomie.

Net die ontvangers van kinderbystand-toelaes het toegeneem van 150 000 in 2000, tot 10 miljoen in... Lees verder


Nie almal is deel van ANC se erfenis-vieringe nie (Debat in parlement: Erfenisdag)

2022-09-21
Heloïse Denner

Op Erfenisdag, 24 September, word die kulturele rykdom van Suid-Afrika se wye verskeidenheid inwoners erken en gevier.

Op die regering se amptelike webblad word dié dag in kleurryke taal gedefinieer as ʼn geleentheid om alle Suid-Afrikaners se kultuurerfenis te respekteer en te vier.

Die... Lees verder


Hernubare krag help ryk en arm – en dis al wat ANC-bestand is

2022-09-18
Dr. Wynand Boshoff

Die huidige kragkrisis, met vlak 6-beurtkrag wat Sondagoggend ingestel is en met selfs erger wat dreig, sal klaarblyklik nie opgelos word solank die ANC regeer nie.

Ryk en arm sal daarom daarby baat vind as almal wat kan, hul eie krag opwek.

Eskom se reuse kragsentrales, wat die ruggraat van... Lees verder


VF Plus eis antwoorde oor skorsing van primaria oor Afrikaanse toespraak by Puk

2022-09-16
Dr Pieter Groenewald

Die Vryheidsfront Plus eis antwoorde van die Noordwes-Universiteit (NWU) se visekanselier, dr. Bismark Tyobeka, oor die beweerde skorsing van die primaria van die Karlien-dameskoshuis op die Potchefstroom-kampus (Puk) nadat sy ʼn toespraak in Afrikaans tydens ʼn koshuisdinee gelewer het.

Indien dit... Lees verder


Tydelike bewys van die goedkeuring van vuurwapenlisensie ʼn welkome stap

2022-09-15
Dr Pieter Groenewald

Die besluit van die polisie om deur ‘n bewys in die vorm van ’n tydelike dokument te bevestig dat ’n vuurwapen-eienaar se lisensie goedgekeur is, word verwelkom.

Dit sal dit nou makliker en vinniger maak vir vuurwapen-eienaars wat wag vir hul lisensie, om toegang tot hul... Lees verder


ANC-beheerde Ditsobotla-munisipale raad word ontbind; VF Plus verwelkom geleentheid vir regeringsverandering

2022-09-15
Michal Groenewald

Die VF Plus verwelkom die aangekondigde voorneme van Noordwes se provinsiale uitvoerende raad om die wanfunksionele ANC-beheerde munisipale raad in die Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit (Lichtenburg, Coligny en Bakerville) te ontbind.

Die inwoners van Lichtenburg en omliggende gebiede het lank... Lees verder


Hoër onderwys: ANC weerspreek die Grondwet

2022-09-15
Dr. Wynand Boshoff

Tydens 'n vergadering van die portefeuljekomitee vir hoër onderwys, wetenskap en innovasie, het die voorsitter, me. Nompendulo Mkhatshwa, duidelik gemaak dat daar geen ruimte vir Afrikaans of Afrikaners se kulturele identiteit is nie. Daarmee weerspreek sy in werklikheid artikel 235 van die... Lees verder


Nuwe Betredingswetsontwerp hou nie tred met werklikheid en benadeel grondeienaars

2022-09-12
Jaco Mulder

Die voorgestelde Wetsontwerp op die Onwettige Betreding van Eiendom is in direkte botsing met onder meer die landelike beveiligingstrategie soos ontwikkel deur die polisie wat voorsiening maak vir die implementering van ʼn protokol om toegang tot plase te bestuur.

Die voorgestelde wysigings kan... Lees verder


Ramaphosa se erkenning oor ANC-kaders se kaping van munisipaliteite is verstommend

2022-09-09
Michal Groenewald

Die VF Plus staan verstom dat pres. Cyril Ramaphosa nou eers, ná bykans ʼn dekade as adjunk-president en daarna president van Suid-Afrika, bereid is om die gebreke en ongerymdhede in die ANC te erken.

Die president erken nou dat die land se inwoners onder ongekende wanbestuur, patronaatskap... Lees verder


ANC faal kinders met Kinderwysigingswetsontwerp

2022-09-08
Tammy Breedt

Die Kinderwysigingswetsontwerp moes tot die voordeel van kinders in die land gewees het; vir die mees kwesbares wat nie vir hulself kan praat nie.

In stede daarvan het dit ontaard in ‘n woordestryd in die komitee tussen die ANC en die opposisie. 'n Stryd wat net die kinders gaan benadeel.

... Lees verder

« 1 2 3 4 5 ... 158 159 »