Jongste Nuus

Speaker moet selfs meer doen om orde te handhaaf in parlement

2023-03-23
Dr Pieter Groenewald

(Debat in parlement: Mosie van wantroue in die speaker van die Nasionale Vergadering )

Die speaker van die parlement se Nasionale Vergadering (NV) moet meer doen om die waardigheid van die parlement te beskerm, al beteken dit dat lede wat hulle wangedra, swaar beboet word deur die verbeuring van... Lees verder


VF Plus en ander opposisiepartye stap uit gesondheidsportefeuljekomitee oor NGV-wetsontwerp

2023-03-22
Philip van Staden

Die VF Plus en ander opposisiepartye het vanoggend uit ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gestap weens ontevredenheid oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Daar is ontevredenheid oor die feit dat politieke partye in die komitee nie genoeg tyd gegun... Lees verder


Menseregte ʼn klug onder ANC-regering (Debat in parlement: Menseregtedag)

2023-03-22
Wouter Wessels

Die ANC-regering leef in die verlede sover dit menseregte in Suid-Afrika aanbetref. Hy is nie staat om die tekortkominge te sien waarmee gewone Suid-Afrikaners moet saamleef nie.

Die realiteit is dat gewone Suid-Afrikaners ontsê word van die mees basiese menseregte terwyl ANC-ampsdraers en ... Lees verder


MRK moet optree om sy aanbevelings oor die vertrapping van Afrikaans by die US af te dwing

2023-03-17
Heloïse Denner

Die MRK mag nie toelaat dat prof. Wim de Villiers sy aanbevelings oor taalgebruik by die Universiteit van Stellenbosch minag nie.

Indien hy weier moet daar kragdadig teen hom opgetree word deur die Gelykheidshof te vra om die aanbevelings af te dwing soos wat menige keer met ander gedoen is.

Die... Lees verder


Hou die staat so ver moontlik weg (Debat in parlement oor wat aan die elektrisiteitskrisis gedoen moet word)

2023-03-16
Dr. Wynand Boshoff

Wat die land se kragkrisis aanbetref, moet die private sektor so veel as moontlik doen en die staat so min as moontlik.

Dit is nie ʼn ideologiese posisie nie, maar gegrond op die prestasie van die onderskeie rolspelers die afgelope dekade of twee.

Oor die algemeen kan gesê word dat die... Lees verder


Parlement moet verantwoording laat geskied oor Eskom

2023-03-16
Dr Pieter Groenewald

(Debat in parlement: Stigting van ʼn reël 253-ad hoc-komitee van die parlement om beweerde omvangryke korrupsie en misdadigheid by Eskom te ondersoek)

 

Die parlement van Suid-Afrika het ʼn verantwoordelikheid teenoor die publiek om ondersoek te laat doen na die omvangryke korrupsie en... Lees verder


Dienslewering: Suid-Afrikaners moeg om krummels vir ʼn brood se prys te kry

2023-03-16
Michal Groenewald

(Debat in parlement oor ondersoek na die fiskale raamwerk van plaaslike regerings teenoor sy grondwetlike mandaat; voorstelle oor skuld deur en aan munisipaliteite en die skep van meganismes vir volhoubare plaaslike regering)

 

Belastingbetalers in Suid-Afrika begin ʼn versadigingspunt... Lees verder


Debat oor rompslomp wys hoe die ANC die ekonomie oor 29 jaar gefaal het

2023-03-16
Fanie du Toit

(Debat in NRP: Vermindering van rompslomp, transformasie van die diensleweringswaardeketting vir vinniger groei en ontwikkeling)

 

Die ANC-regering se bril van onderdrukking, selektiewe hulpverlening en verknogtheid aan onbillike, onregverdige wetgewing en regulering maak hom blind vir dit ... Lees verder


Oos-Kaapse begroting: ANC-beleid en wanbestuur maak uitvoering onmoontlik

2023-03-15
Jaco Burger

Die beloftes wat die Oos-Kaapse LUR vir finansies, Mlungisi Mvoko, in sy begrotingsrede vir die 2023/24-finansiële jaar maak, is onuitvoerbaar as gevolg van die ANC-regering se gefaalde beleidsrigtings, soos regstellende aksie, en hul onvermoë om korrupsie en wanbestuur hok te slaan.

Die ... Lees verder


VF Plus slaan groot slag vir Afrikaans met MRK-uitspraak oor Afrikaans by US

2023-03-15
Heloïse Denner

Die uitspraak van die menseregtekommissie (MRK) oor die klag wat die VF Plus as eerste klaer ingedien het oor die verbod op die praat van Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch (US) in 2021, is ʼn groot oorwinning vir Afrikaans in die algemeen.

In die MRK se verslag wat vandag bekend... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 167 168 »