Jongste Nuus

Chaotiese toestand by polisie se sentrale vuurwapenregister wys waarom aansoeke sloer

2021-05-16
Die Redaksie

"Die chaotiese en wanordelike toestand by die polisie se sentrale vuurwapenregister wys waarom aansoeke vir vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate sloer en feitlik tot ’n stilstand gekom het," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Die agterstand van aansoeke vir... Lees verder


Effek van agterstallige DNS-toetsing en toename in ernstige misdaad wek kommer

2021-05-14
Die Redaksie

"Die land se misdaadstatistiek vir die eerste drie maande van die jaar wat die minister van polisie, Bheki Cele, vanoggend bekend gemaak het, dra nie veel waarde nie aangesien die probleme met DNS-toetsing in die polisie skuldigbevindings grootliks in die wiele ry en slagoffers faal," sê dr.... Lees verder


ANC-regering kies kant van terrorisme in Israel-Palestina-konflik en moet die soewereiniteit van Israel eerbied

2021-05-11
Die Redaksie

"Die ANC-regering het nog nooit ‘n geheim gemaak van sy vyandigheid teenoor Israel nie en kies nou weer die kant van terrorisme in die Israel/Palestynse konflik. Dit is tyd dat die ANC Israel se soewereiniteit eerbiedig," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep... Lees verder


Agterstand met DNS-toetse kan net erger raak

2021-05-11
Die Redaksie

"Die agterstand met misdaadverwante DNS-toetse in die polisie het in Februarie vanjaar reeds op 172 787 gestaan en die probleem kan vererger weens ʼn regsgeding oor die intellektuele besitreg van die stelsel wat met die DNS-toetsing gebruik word," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF... Lees verder


Parlementêre komitee vir samewerkende regering besoek Vryburg-rioolaanleg op VF Plus-aandrang

2021-05-07
Die Redaksie

"Die parlementêre komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) het gister met ‘n oorsigbesoek aan die Ruth Mompati-distriksmunisipaliteit op aandrang van die VF Plus die rioolaanleg op Vryburg besoek," sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van... Lees verder


Voorgestelde verhogings van munisipale kragtariewe sal onhoudbare druk plaas op huishoudings en sake-ondernemings

2021-05-03
Die Redaksie

"Die implementering van die jongste voorgestelde verhogings in kragtariewe wat op 1 Julie 2021 by munisipaliteite in werking tree, is onvolhoubaar en ‘n onreg teenoor munisipale inwoners. Met die saamgestelde inflasie-gekoppelde verhogings soos deur munisipaliteite begroot en die nasionaal... Lees verder


Ramaphosa-getuienis voor Zondo: Bedrog onder die dekmantel van SEB moet ontbloot word

2021-04-28
Die Redaksie

"Pres. Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie oor kaderontplooiing, bevestig die deurlopende standpunt van die VF Plus dat regstellende aksie (RA) nie aanvaarbaar is nie en dat dit afgeskaf moet word," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"RA is nie gegrond op... Lees verder


Vryheidsdag-2021: Alhoewel Suid-Afrikaners Vryheidsdag vier, is hulle nie werklik vry nie

2021-04-27
Die Redaksie

"Alhoewel Suid-Afrikaners vanjaar weer Vryheidsdag vier, is hulle nie werklik vry nie. Mense moenie die misplaaste idee hê dat blote stemreg jou vryheid gee nie. Suid-Afrika is te vasgevang in korrupsie, misdaad, armoede en werkloosheid om vry te wees," sê dr. Pieter Groenewald, VF... Lees verder


VF Plus vra meer tyd om kommentaar te lewer oor voorgenome Covid-19-vergoedingsfonds

2021-04-20
Die Redaksie

"Die VF Plus het sy bedenkinge oor die ‘foutlose vergoedingsfonds’ wat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, rakende die voorgestelde vergoedingsfonds vir beserings weens Covid-19-inentings afgekondig het," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

... Lees verder

ANC-regering se peperduur beheptheid met Kubaanse kundigheid is onbekostigbaar en onaanvaarbaar

2021-04-20
Die Redaksie

"Die ANC se peperduur beheptheid met Kubaanse kundigheid is onbekostigbaar en onaanvaarbaar," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP.

"Dit plaas onnodige druk op ʼn reeds dolleë fiskus en is ʼn klap in die gesig van werklose Suid-Afrikaanse kundiges wat oor meer as genoeg kundigheid beskik om... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 147 148 »