{"id":75282,"date":"2024-04-15T11:45:00","date_gmt":"2024-04-15T09:45:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/?p=75282"},"modified":"2024-05-01T11:58:16","modified_gmt":"2024-05-01T09:58:16","slug":"15-april-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/","title":{"rendered":"15 April 2024"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika se parlement is tot \u0149 groot mate geskoei op die Britse Westminister-stelsel wat saam met die Verenigde Koninkryk ontwikkel het. Die ampte van onder meer speaker en swepe (whips) het ons net so van die Britte oorgeneem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste speaker van die Britse parlement is in die 14de eeu aangestel en was oorspronklik die mondstuk van die monarg of koningin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 persoon moes die koninklike se\u00ebl wat gebruik is om wette en amptelike dokumente te verse\u00ebl, bewaar en bestuur Die speaker het ook \u0149 rol gespeel in die parlement\u00eare prosesse soos die bestuur van debatte en die handhawing van orde tydens parlement\u00eare sessies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die amp van speaker was desjare nie altyd so begeerlik as wat dit tans is nie. Dit was dikwels \u0149 gevaarlike amp wat die meeste parlementslede probeer vermy het sover hulle kon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die speaker was die een persoon wat die parlement se belange teenoor die koninklike gesag moes beskerm en dit selfs moes weerstaan indien nodig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit het dikwels gelei tot die vervolging of straf van die speaker. Talle het selfs hul koppe verloor oor optrede wat die monargie nie aangestaan het nie. Reg of verkeerd.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die omvorming van die Britse parlement\u00eare stelsel het die pos van speaker &#8216;n meer seremoni\u00eble en minder gevaarlike karakter gekry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder die ANC het die waardige amp van speaker algaande in \u0149 bespotting ontaard. Soos die ANC alles vernietig waaraan hy raak, het hy dit ook met die amp van speaker reggekry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In lande soos Groot-Brittanje, Kanada en Australi\u00eb om maar \u0149 paar te noem, word die pos as speaker beskou as \u0149 pos wat bo party-politiek verhewe is en word daar van die persoon verwag om onafhanklik van sy of haar politieke party op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar word selfs van \u0149 persoon wat di\u00e9 pos aanvaar verwag om te bedank as lid van sy of haar politieke party om die onafhanklikheid van die amp te verseker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is om so ver as moontlik seker te maak dat die parlement\u00eare prosesse vry is van politieke inmenging en dat besluite geneem word in die beste belang van die land en sy burgers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is verder belangrik dat die verkose speaker se integriteit bo verdenking onberispelik is en hy of sy nie betrokke is by korrupsie of enige ander aktiwiteit wat die openbare vertroue in die amp en die geloofwaardigheid van die parlement kan ondermyn nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ANC het algaande hierdie vereistes kantlyn toe gestewel en van die mees omstrede figure as speaker verkies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is nou grootliks vergete, maar in 1997 was \u0149 voormalige speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Baleka Mbete, in &#8216;n ernstige korrupsieskandaal gewikkel terwyl sy gedien het as adjunkspeaker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is daarvan beskuldig dat sy op bedrieglike wyse &#8216;n leerling- en bestuurslisensie bekom het. Dit mag na \u0149 storm in \u0149 teekoppie klink, maar dit illustreer die ANC se houding jeens aanspreeklikheid goed.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder haar as speaker het die wapenskandaal ontvou en ongebreidelde staatskaping het plaasgevind. Die opposisie se hande was gebind en daar was geen twyfel oor waar Mbete se lojaliteit gel\u00ea het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar opvolger, Thandi Modise, wat tans dien as die minister van verdediging en milit\u00eare veterane, is self nie onbevlek nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2014 het die dierebeskermingsvereniging (DBV) die beweerde verwaarlosing van diere op haar Modderfontein-plaas in Noordwes ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luidens die klagstaat was meer as 50 varke en &#8216;n aantal ander diere, insluitend skape, hoenders en ganse, reeds dood toe die DBV die plaas die eerste keer ondersoek het. \u2019n Verdere 224 diere moes uitgesit word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alhoewel die hof haar onskuldig bevind het, sal daar altyd \u0149 klankie van die dieremishandeling aan haar kleef.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan is daar die aanstelling van Mapisa-Nqakula as speaker nadat sy as minister van verdediging so swak gevaar het dat sy eindelik onthef is van haar pos n\u00e1 die 2021-onrus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skandale en onbevoegdheid wat sy getoon het in haar termyn as minister van verdediging het dit duidelik gemaak dat sy nie speaker-materiaal is nie. Dis nou vir ander partye as die ANC.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Probeer die ANC kiesers \u0149 kous oor die kop trek oor Mapisa-Nqakula?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is die vraag wat by my opkom nadat sy, gegewe die ANC se tradisie van kaderbeskerming, s\u00f3 maklik die knie gebuig het en as speaker en ANC-parlementslid bedank het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is dit \u0149 poging van die ANC om te wys dat hy skielik ernstig is om op te tree teen korrupsie in sy geledere deur die derde magtigste persoon in die land, naas die president en adjunkpresident, skielik op te offer?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat my bedenkinge oor die ANC se motiewe verdiep, is dat \u0149 ANC-LP wat verkies om anoniem te bly, beweer dit was beter vir haar om te bedank aangesien die ANC haar nie s\u00f3 kort voor \u0149 verkiesing sou kon verdedig in \u0149 mosie van wantroue nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie stelling dui daarop dat indien daar nie \u0149 verkiesing op hande was nie, die ANC haar wel met hand en tand sou verdedig soos wat gedoen is met soveel ander van sy korrupte lede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ANC het die parlement se toesigrol oor die uitvoerende gesag (regering) verwater en omvorm in \u0149 rubberstempel vir sy uitgediende wette en ideologie\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kiesers het op 29 Mei die geleentheid om van die ANC ontslae te raak en vir \u0149 beter bedeling te stem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saam kan ons Suid-Afrika herstel en bou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":75283,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"_relevanssi_hide_post":"","_relevanssi_hide_content":"","_relevanssi_pin_for_all":"","_relevanssi_pin_keywords":"","_relevanssi_unpin_keywords":"","_relevanssi_related_keywords":"","_relevanssi_related_include_ids":"","_relevanssi_related_exclude_ids":"","_relevanssi_related_no_append":"","_relevanssi_related_not_related":"","_relevanssi_related_posts":"62471,60921,63035,61966,61203,61533","_relevanssi_noindex_reason":"","footnotes":"","_ppma_block_editor_authors":""},"categories":[497],"tags":[],"ppma_author":[499],"class_list":["post-75282","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.7 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>15 April 2024 | Vryheidsfront Plus<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"15 April 2024 | Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-15T09:45:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-05-01T09:58:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"768\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dalien Steyn\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"brand_candy_amy\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"brand_candy_amy\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/2c3e703fc713d95efd7b7bf7b34646f4\"},\"headline\":\"15 April 2024\",\"datePublished\":\"2024-04-15T09:45:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-01T09:58:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/\"},\"wordCount\":913,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/freedomfront_plus_speaker.png\",\"articleSection\":[\"Van die VF Plus se politieke lessenaar\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/\",\"name\":\"15 April 2024 | Vryheidsfront Plus\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/freedomfront_plus_speaker.png\",\"datePublished\":\"2024-04-15T09:45:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-01T09:58:16+00:00\",\"description\":\"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/freedomfront_plus_speaker.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/freedomfront_plus_speaker.png\",\"width\":1024,\"height\":768},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\\\/15-april-2024\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuis\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"15 April 2024\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"name\":\"Freedom Front Plus\",\"description\":\"Stand Up | Stand Together | Stand Strong\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\",\"name\":\"Vryheidsfront Plus\",\"alternateName\":\"VF Plus\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"width\":130,\"height\":130,\"caption\":\"Vryheidsfront Plus\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/VFplus?fref=ts\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/VFplus\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/vfplus_ffplus\\\/?hl=en\",\"https:\\\/\\\/www.youtube.com\\\/user\\\/VRYHEIDSFRONTplus\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/2c3e703fc713d95efd7b7bf7b34646f4\",\"name\":\"brand_candy_amy\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g45c99b902ec3fd12cf6977a6b6edf27a\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"brand_candy_amy\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/brandcandy.co.za\"],\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/author\\\/brand_candy_amy\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"15 April 2024 | Vryheidsfront Plus","description":"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"15 April 2024 | Vryheidsfront Plus","og_description":"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.","og_url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/","og_site_name":"Vryheidsfront Plus","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","article_published_time":"2024-04-15T09:45:00+00:00","article_modified_time":"2024-05-01T09:58:16+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":768,"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png","type":"image\/png"}],"author":"Dalien Steyn","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@VFplus","twitter_site":"@VFplus","twitter_misc":{"Written by":"brand_candy_amy","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/"},"author":{"name":"brand_candy_amy","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/2c3e703fc713d95efd7b7bf7b34646f4"},"headline":"15 April 2024","datePublished":"2024-04-15T09:45:00+00:00","dateModified":"2024-05-01T09:58:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/"},"wordCount":913,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png","articleSection":["Van die VF Plus se politieke lessenaar"],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/","name":"15 April 2024 | Vryheidsfront Plus","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png","datePublished":"2024-04-15T09:45:00+00:00","dateModified":"2024-05-01T09:58:16+00:00","description":"Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png","contentUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/freedomfront_plus_speaker.png","width":1024,"height":768},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/van-die-vf-plus-se-politieke-lessenaar\/15-april-2024\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuis","item":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"15 April 2024"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","name":"Freedom Front Plus","description":"Stand Up | Stand Together | Stand Strong","publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization","name":"Vryheidsfront Plus","alternateName":"VF Plus","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","contentUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","width":130,"height":130,"caption":"Vryheidsfront Plus"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","https:\/\/x.com\/VFplus","https:\/\/www.instagram.com\/vfplus_ffplus\/?hl=en","https:\/\/www.youtube.com\/user\/VRYHEIDSFRONTplus"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/2c3e703fc713d95efd7b7bf7b34646f4","name":"brand_candy_amy","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g45c99b902ec3fd12cf6977a6b6edf27a","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/d295c22bd41c5cb61e8aa7fcafe90d2d2302363bc123897b40165ee0165d4f6b?s=96&d=mm&r=g","caption":"brand_candy_amy"},"sameAs":["https:\/\/brandcandy.co.za"],"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/author\/brand_candy_amy\/"}]}},"authors":[{"term_id":499,"user_id":0,"is_guest":1,"slug":"dalien-steyn","display_name":"Dalien Steyn","avatar_url":{"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","url2x":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png"},"author_category":"","user_url":"","last_name":"","first_name":"","job_title":"","description":""}],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75282","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=75282"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75282\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":75285,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75282\/revisions\/75285"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/75283"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=75282"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=75282"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=75282"},{"taxonomy":"author","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/ppma_author?post=75282"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}