{"id":62398,"date":"2020-04-30T00:00:00","date_gmt":"2020-04-29T22:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/nuutste-nuus\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/"},"modified":"2020-04-30T00:00:00","modified_gmt":"2020-04-29T22:00:00","slug":"verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/","title":{"rendered":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie"},"content":{"rendered":"<p>Net soos wat die regering &#8216;n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op &#8216;n sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit.<\/p>\n<p>Die inperking het reeds sy doel gedien om die infeksiekurwe genoegsaam af te plat om gesondheidsdienste die tyd te gun om gereed te maak vir &#8216;n moontlike groot uitbreking van Covid-19. Die regering se hoof gesondheidsraadgewer, prof. Salim Karim, asook die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, s&#xEA; self die voordele wat die inperking ingehou het, is reeds benut.<\/p>\n<p>Nogtans wys die verslapping van die inperkingsregulasies tot Vlak Vier dat die regering onseker is oor die ontsluiting van die situasie en geen vertroue het in die bereidwilligheid van die publiek om saam te werk om die verspreiding van die virus te keer nie.<\/p>\n<p>Die beperkende regulasies wat tydens Vlak Vier gaan geld, is ook &apos;n aanduiding van die regering se onvermo&#xEB; om polisi&#xEB;ring toe te pas en daarom word sekere sektore en aktiwiteite steeds uitgesluit.<\/p>\n<p>Wat die terugkeer na die werkplek aanbetref, is geen behoorlike riglyne neergel&#xEA; waarvolgens sake-ondernemings beoordeel kan word om te bepaal of hulle wel voldoen aan die nodige higi&#xEB;niese vereistes om weer operasioneel te raak nie.<\/p>\n<p>Die regering se benadering ten opsigte van die onderskeie sakesektore wat mag heropen, is grootliks arbitr&#xEA;r. Die probleem hiermee vir die VF Plus is dat baie klein sake-ondernemings soos eenmansake nog nie toegelaat word om te begin funksioneer nie.<\/p>\n<p>Voorbeelde hiervan is tuindienste, haarsalonne en die skoonheidsbedryf. Sulke bedrywe is kwesbaar aangesien hulle nie vir &#8216;n lang tydperk kan oorleef sonder &#8216;n inkomste nie en baie staar ondergang in die gesig. Ander sektore wat toegelaat kon word, sluit die boubedryf in. Dit gaan die aantal kwesbares in Suid-Afrika laat toeneem.<\/p>\n<p>Baie van hierdie ondernemings sal gewis kwalifiseer om te voldoen aan higi&#xEB;niese standaarde en sal in alle waarskynlikheid selfregulering toepas aangesien dit om hul eie oorlewing gaan.<\/p>\n<p>Die onbeholpe hantering van die sigaretkwessie is &#8216;n verdere bewys van die regering se onvermo&#xEB; om die verslapping van regulasies sinvol te benader.<\/p>\n<p>Dit is onaanvaarbaar dat president Cyril Ramaphosa aanvanklik aangekondig het dat sigaretverkope wel toegelaat sal word en dat &#8216;n minister (Nkosazana Dlamini-Zuma) daarna aankondig dit is steeds verbode omdat 2 000 uit 70 000 daarteen gekant is omdat dit &#8216;n gesondheidsrisiko is.<\/p>\n<p>Die argument van minister Nkosazana Dlamini-Zuma oor die aangeleentheid hou nie steek nie. Rokers wat wel rookverwante gesondheidsprobleme het, se gesondheid gaan nie nou skielik verbeter deur vir &#8216;n maand of twee nie te rook nie.<\/p>\n<p>Hierdie arbitr&#xEA;re optrede sal bloot onwettige sigarethandel aanwakker. Die tabakbedryf skep deurlopend &#8216;n inkomste van miljarde rande vir die regering maar nou word die deur vir hulle toegemaak op grond van ondeurdagte argumente. Dit dien as bewys dat die regering sekere bepalings nie sinvol deurdink nie.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n ondeurdagte en onoortuigende besluit is oor die tye wanneer mense mag oefen. Dit skep die indruk dat die regering totaal uit voeling is met die samelewing. Dit is &#8216;n ongemaklike tyd vir baie mense veral met die aankoms van winter. Die kort tydgleuf sal juis veroorsaak dat groot getalle mense op dieselfde tyd moet oefen.<\/p>\n<p>Die aandklokre&#xEB;l maak eweneens nie sin nie en kom neer op magmisbruik. Dit het selfs op Vlak Vyf nie gegeld nie en mense kon met toestemming vryelik rondbeweeg. Die algemene re&#xEB;l het in elk geval bepaal dat mense nie op straat kon wees nie. Die laat talle vrae ontstaan en is vir die VF Plus onaanvaarbaar.<\/p>\n<p>Kontaknommers: 083 627 4397 \/ 065 801 7216<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net soos wat die regering &#8216;n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op &#8216;n sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit. Die inperking het reeds sy doel gedien om die infeksiekurwe genoegsaam [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":13624,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"_relevanssi_hide_post":"","_relevanssi_hide_content":"","_relevanssi_pin_for_all":"","_relevanssi_pin_keywords":"","_relevanssi_unpin_keywords":"","_relevanssi_related_keywords":"","_relevanssi_related_include_ids":"","_relevanssi_related_exclude_ids":"","_relevanssi_related_no_append":"","_relevanssi_related_not_related":"","_relevanssi_related_posts":"","_relevanssi_noindex_reason":"","footnotes":"","_ppma_block_editor_authors":""},"categories":[100],"tags":[],"ppma_author":[91],"class_list":["post-62398","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-mediaverklarings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.5 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Net soos wat die regering &#039;n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Net soos wat die regering &#039;n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-29T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/vfplus-site-image-01.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dr Pieter Groenewald\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Eune\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"3 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Eune\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30\"},\"headline\":\"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie\",\"datePublished\":\"2020-04-29T22:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/\"},\"wordCount\":633,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg\",\"articleSection\":[\"Mediaverklarings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/\",\"name\":\"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-29T22:00:00+00:00\",\"description\":\"Net soos wat die regering 'n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg\",\"width\":1600,\"height\":1000},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/mediaverklarings\\\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuis\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"name\":\"Freedom Front Plus\",\"description\":\"Stand Up | Stand Together | Stand Strong\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\",\"name\":\"Vryheidsfront Plus\",\"alternateName\":\"VF Plus\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"width\":130,\"height\":130,\"caption\":\"Vryheidsfront Plus\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/VFplus?fref=ts\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/VFplus\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/vfplus_ffplus\\\/?hl=en\",\"https:\\\/\\\/www.youtube.com\\\/user\\\/VRYHEIDSFRONTplus\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30\",\"name\":\"Eune\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g863dbe45d7eafd87ec5c8f4635747081\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Eune\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/author\\\/eune\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus","description":"Net soos wat die regering 'n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus","og_description":"Net soos wat die regering 'n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het","og_url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/","og_site_name":"Vryheidsfront Plus","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","article_published_time":"2020-04-29T22:00:00+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/vfplus-site-image-01.png","type":"image\/png"}],"author":"Dr Pieter Groenewald","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@VFplus","twitter_site":"@VFplus","twitter_misc":{"Written by":"Eune","Est. reading time":"3 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/"},"author":{"name":"Eune","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30"},"headline":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie","datePublished":"2020-04-29T22:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/"},"wordCount":633,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg","articleSection":["Mediaverklarings"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/","name":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie | Vryheidsfront Plus","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg","datePublished":"2020-04-29T22:00:00+00:00","description":"Net soos wat die regering 'n verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/freedomfront-plus-latest-news-banner-02.jpg","width":1600,"height":1000},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/mediaverklarings\/verslapping-van-covid-19-regulasies-tot-vlak-vier-skep-die-indruk-dat-regering-onseker-is-oor-optrede-en-geen-vertroue-het-in-die-samewerking-van-die-publiek-nie-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuis","item":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","name":"Freedom Front Plus","description":"Stand Up | Stand Together | Stand Strong","publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization","name":"Vryheidsfront Plus","alternateName":"VF Plus","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","contentUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","width":130,"height":130,"caption":"Vryheidsfront Plus"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","https:\/\/x.com\/VFplus","https:\/\/www.instagram.com\/vfplus_ffplus\/?hl=en","https:\/\/www.youtube.com\/user\/VRYHEIDSFRONTplus"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30","name":"Eune","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g863dbe45d7eafd87ec5c8f4635747081","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g","caption":"Eune"},"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/author\/eune\/"}]}},"authors":[{"term_id":91,"user_id":7,"is_guest":0,"slug":"dr-pieter-groenewald","display_name":"Dr Pieter Groenewald","avatar_url":{"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/freedomfront_plus_author_Dr_Pieter_Groenewald_01.jpg","url2x":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/freedomfront_plus_author_Dr_Pieter_Groenewald_01.jpg"},"author_category":"","user_url":"","last_name":"","first_name":"Dr Pieter Groenewald","job_title":"","description":""}],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62398"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62398\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13624"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62398"},{"taxonomy":"author","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/ppma_author?post=62398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}