{"id":22803,"date":"2015-08-09T00:00:00","date_gmt":"2015-08-08T22:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/nuutste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/"},"modified":"2023-05-12T08:20:04","modified_gmt":"2023-05-12T06:20:04","slug":"nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/","title":{"rendered":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag"},"content":{"rendered":"<p>Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.<\/p>\n<p>&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van verslae skreeu die feite dit helder en ondubbelsinnig uit. &#x201D;<\/p>\n<p>Waarom die groot bohaai oor Nkandla?<\/p>\n<p>Dit is tog logies dat die president van Suid-Afrika beveilig moet word. Dit word oral in die w&#xEA;reld gedoen. Hoe kan die publiek, media en opposisiepartye so kortsigtig wees en dit nie verstaan nie?<\/p>\n<p>D&#xED;t is die argumente van lojale ANC-kaders wat pres. Jacob Zuma die afgelope paar weke tot elke prys probeer beskerm het.<\/p>\n<p>Helaas gaan dit oor veel meer as die beskerming van &#x2019;n sittende staatshoof. Dit gaan oor basiese grondwetlike beginsels, oor die magte en bevoegdhede van grondwetlike instellings. Dit gaan oor die wese van &#x2019;n staatsbestel wat veronderstel is om deursigtig en verantwoordbaar te wees. Dit gaan oor wat reg en verkeerd is, oor korrupsie en bedrog.<\/p>\n<p>Dit gaan oor R246&#x2009;miljoen se duur betaalde belastingbetalersgeld. Dit is baie geld, veral in &#x2019;n land van enorme armoede en werkloosheid.<\/p>\n<p>Hoeveel is R246&#x2009;miljoen nou regtig? Elke belastingbetaler in Suid-Afrika weet hoeveel R674&#x2009;000 is. Gaan bereken hoe lank jy moet werk om dit te verdien. Hoe lank gaan dit jou neem om maand n&#xE1; maand so &#x2019;n verband af te betaal?<\/p>\n<p>Wel, as jy die bedrag van R674&#x2009;000 in kontant kan vind en dit vandag alles gaan uitgee &#x2013; en jy bestee dieselfde bedrag elke dag vir &#x2019;n volle jaar &#x2013; dan het jy R246 miljoen bestee. Dit is die bedrag wat ter sprake is met betrekking tot Zuma se private woonkompleks.<\/p>\n<p>Hierdie bedrag is nie bestee om &#x2019;n amptelike presidensi&#xEB;le staatswoning te verbeter nie, soos die voormalige Groote Schuur of die Withuis in die VSA, wat deur opeenvolgende presidente gebruik gaan word. Nee, hierdie bedrag is bestee om sogenaamde veiligheidsmaat&#xAD;re&#xEB;ls by die president se private woning aan te bring.<\/p>\n<p>Wanneer Zuma se termyn in 2019 tot &#x2019;n einde kom, bly dit daar tot voordeel van hom en sy familie.<\/p>\n<p>Op 10 Mei 2014 s&#xEA; Zuma die volgende: &#x201C;Hulle het &#x2019;n hele jaar bestee om oor Nkandla te praat. Daar is niks verkeerd met Nkandla nie.&#x201D;<\/p>\n<p>Elke optrede van Zuma in die parlement, waarvan die jongste die afgelope week in vraetyd was, weerspie&#xEB;l hierdie ingesteldheid as dit oor Nkandla gaan. As die koning van Suid-Afrika is hy hierop geregtig.<\/p>\n<p>N&#xE1; die ad hoc-komitee se besoek verlede maand aan Nkandla is die ANC-lede skielik eenstemmig dat pryse ten opsigte van kontrakte baie opgeblaas is, dat die staat op &#x2019;n baie groot skaal besteel is en dat daar ernstige korrupsie plaasgevind het. Die skuldiges moet aan die man gebring word.<\/p>\n<p>Dit is egter dieselfde ANC-lede wat by al drie ad hoc-komitees wat hieroor in die lewe geroep is, nie wou toelaat dat die openbare beskermer (OB) aangehoor word, of dat een enkele ander getuie as twee ANC-ministers geroep kon word nie.<\/p>\n<p>Geen getuie wat nie streng onder die gesag van die ANC-koukus en Luthuli-huis is nie, is naby die prosesse toegelaat nie.<\/p>\n<p>Getuig dit van &#x2019;n ernstige soeke na die waarheid, of getuig dit van &#x2019;n desperate poging om die absoluut onverdedigbare tot elke prys te verdoesel?<\/p>\n<p>Uit &#x2019;n veelvoud van verslae skreeu die feite dit helder en ondubbelsinnig uit. Daar is geen twyfel dat die president en sy gesin onbehoorlik bevoordeel is in hierdie hele proses nie.<\/p>\n<p>R206 miljoen is reeds bestee aan die huis van die president, asook aan ander geboue en fasiliteite in &#x2019;n radius van minder as een kilometer om die huis. Meer as R31 miljoen is verder geoormerk vir die derde fase van die projek.<\/p>\n<p>Jy hoef nie &#x2019;n ruimtewetenskaplike te wees nie om te besef as die staat R246&#x2009;miljoen bestee aan geriewe en fasiliteite in en om my huis in &#x2019;n direkte radius van een kilometer, sal ek beslis daardeur bevoordeel word.<\/p>\n<p>Daar is nie een enkele gebou of fasiliteit opgerig wat nie &#x2019;n regstreekse verband het met die feit dat die eienaar van die huis tans die president is nie. Weliswaar president vir nog net drie-en-&#x2019;n- half jaar. En dan? Wie het dan die voordeel daarvan?<\/p>\n<p>Het Zuma geweet wat hier aangaan? Die antwoord is &#x2019;n ondubbelsinnige &#x201C;ja&#x201D;.<\/p>\n<p>Op 4 Desember 2009 bars die bom in die media: &#x201C;Zuma&#x2019;s R65m Nkandla splurge&#x201D;.<\/p>\n<p>Om die waarheid te probeer vind, is dit in 2010 en 2011 deurlopend in die parlement met vrae aan die president opgevolg.<\/p>\n<p>Die OB het in haar ondersoek 29 pertinente vrae op skrif aan die president gerig. Tot vandag toe het die president verkies om 18 van daardie vrae heeltemal te ignoreer.<\/p>\n<p>Intussen het die geld bestee en geoormerk vir &#x201C;Prestige Projek A&#x201D; aangegroei en ge&#xEB;skaleer tot R246 miljoen.<\/p>\n<p>Hier is &#x2019;n eenvoudige vraag aan die president: Het u in enige stadium navraag gedoen oor die koste van hierdie projek, wat opsigtelik baie omvattend en hoog was?<\/p>\n<p>En indien nie, het u nooit die verpligting as staatshoof gevoel om hieroor navraag te doen nie, aangesien dit duidelik was dat beduidende bedrae van belastingbetalersgeld bestee word?<\/p>\n<p>Moenie vir een oomblik geregtigheid of &#x2019;n opregte vind van die waarheid met betrekking tot Nkandla verwag daar waar die ANC oor enige meerderheid beskik nie. Dit sal nie daar gevind word nie.<\/p>\n<p>Almal in Suid-Afrika wat hierdie magsvergrype met walging moes aanskou, het net twee opsies, en albei moet aangegryp word.<\/p>\n<p>Eerstens: Verenig saam met opposisiepartye en die burgerlike samelewing wanneer hierdie saak na die howe gaan.<\/p>\n<p>Tweedens: Gebruik jou stemreg by die stembus by elke geleentheid wat daar is sodat ons in &#x2019;n opposisiekoalisie die ANC kan verslaan.<\/p>\n<p>&#x25A0;&#x2009;Dr. Corn&#xE9; Mulder was die VF+ se verteenwoordiger in die parlement&#xEA;re ad hoc-komitee oor Nkandla.<\/p>\n<p>&#xA0;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder. &#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van verslae skreeu die feite dit helder en ondubbelsinnig uit. &#x201D; Waarom die groot bohaai oor Nkandla? Dit is tog logies dat die president van Suid-Afrika beveilig moet word. Dit word oral in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"_relevanssi_hide_post":"","_relevanssi_hide_content":"","_relevanssi_pin_for_all":"","_relevanssi_pin_keywords":"","_relevanssi_unpin_keywords":"","_relevanssi_related_keywords":"","_relevanssi_related_include_ids":"","_relevanssi_related_exclude_ids":"","_relevanssi_related_no_append":"","_relevanssi_related_not_related":"","_relevanssi_related_posts":"","_relevanssi_noindex_reason":"","footnotes":"","_ppma_block_editor_authors":""},"categories":[74],"tags":[],"ppma_author":[103],"class_list":["post-22803","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-jongste-nuus"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.7 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Vryheidsfront Plus\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-08T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-05-12T06:20:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/vfplus-site-image-01.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dr Corne Mulder\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@VFplus\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Eune\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Eune\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30\"},\"headline\":\"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag\",\"datePublished\":\"2015-08-08T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-12T06:20:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/\"},\"wordCount\":1012,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Jongste nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/\",\"name\":\"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2015-08-08T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-12T06:20:04+00:00\",\"description\":\"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/jongste-nuus\\\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuis\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"name\":\"Freedom Front Plus\",\"description\":\"Stand Up | Stand Together | Stand Strong\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#organization\",\"name\":\"Vryheidsfront Plus\",\"alternateName\":\"VF Plus\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/vfplus-logo-01.png\",\"width\":130,\"height\":130,\"caption\":\"Vryheidsfront Plus\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/VFplus?fref=ts\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/VFplus\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/vfplus_ffplus\\\/?hl=en\",\"https:\\\/\\\/www.youtube.com\\\/user\\\/VRYHEIDSFRONTplus\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30\",\"name\":\"Eune\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g863dbe45d7eafd87ec5c8f4635747081\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Eune\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/www.vfplus.org.za\\\/af\\\/author\\\/eune\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus","description":"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus","og_description":"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van","og_url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/","og_site_name":"Vryheidsfront Plus","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","article_published_time":"2015-08-08T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2023-05-12T06:20:04+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/vfplus-site-image-01.png","type":"image\/png"}],"author":"Dr Corne Mulder","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@VFplus","twitter_site":"@VFplus","twitter_misc":{"Written by":"Eune","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/"},"author":{"name":"Eune","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30"},"headline":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag","datePublished":"2015-08-08T22:00:00+00:00","dateModified":"2023-05-12T06:20:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/"},"wordCount":1012,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"articleSection":["Jongste nuus"],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/","name":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag | Vryheidsfront Plus","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website"},"datePublished":"2015-08-08T22:00:00+00:00","dateModified":"2023-05-12T06:20:04+00:00","description":"Daar waar die ANC betrokke is, sal die waarheid oor Nkandla nooit blootgel&#xEA; word nie, skryf Corn&#xE9; Mulder.&#x201C; Uit &#x2019;n veelvoud van","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/jongste-nuus\/nkandla-die-onreg-is-netjies-voorbedag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuis","item":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nkandla: Die onreg is netjies voorbedag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#website","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","name":"Freedom Front Plus","description":"Stand Up | Stand Together | Stand Strong","publisher":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#organization","name":"Vryheidsfront Plus","alternateName":"VF Plus","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","contentUrl":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/vfplus-logo-01.png","width":130,"height":130,"caption":"Vryheidsfront Plus"},"image":{"@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/VFplus?fref=ts","https:\/\/x.com\/VFplus","https:\/\/www.instagram.com\/vfplus_ffplus\/?hl=en","https:\/\/www.youtube.com\/user\/VRYHEIDSFRONTplus"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/#\/schema\/person\/7654ab0dece90683b3eb1cfac1fd1e30","name":"Eune","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g863dbe45d7eafd87ec5c8f4635747081","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2a4f74ffcd7b8b0ac3721387f210e79440ea4dfce216883a5ba0441f3e1308dc?s=96&d=mm&r=g","caption":"Eune"},"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/author\/eune\/"}]}},"authors":[{"term_id":103,"user_id":9,"is_guest":0,"slug":"dr-corne-mulder","display_name":"Dr Corne Mulder","avatar_url":{"url":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/freedomfront_plus_author_Dr_Corne_Mulder_01.jpg","url2x":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/freedomfront_plus_author_Dr_Corne_Mulder_01.jpg"},"author_category":"","user_url":"","last_name":"","first_name":"Dr Corn\u00e9 Mulder","job_title":"","description":""}],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22803","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22803"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22803\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":23471,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22803\/revisions\/23471"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22803"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22803"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22803"},{"taxonomy":"author","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vfplus.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/ppma_author?post=22803"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}