MNR WOUTER
WESSELS
Parlementslid en Strategie
MNR WOUTER WESSELS
PARLEMENTLID EN STRATEGIE
Mnr. Wouter Wessels is in Oos-Londen gebore en het as algemene Dux-leerling aan Hoërskool Grens gematrikuleer. Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer waar hy ‘n aktiewe rol in studentepolitiek gespeel het. Hy is reeds veertien jaar by die VF Plus betrokke.
As student het hy die Universiteit van die Vrystaat verteenwoordig by die internasionale Willem C. Vis Skynhof-kompetisie in Wene, Oostenryk.
Hy is onlangs aangewys as een van Avance Media se 100 mees invloedryke jong Suid-Afrikaners.
Mnr. Wessels was voorheen nasionale jeugleier van die VF Plus, het as skakelbeampte vir die party by ‘n distriksmunisipaliteit gewerk en voorheen ook gewerk as die private sekretaris van die voormalige leier van die party, dr. Pieter Mulder. Voordat hy die politiek voltyds betree het, het hy ‘n bemarkingsmaatskappy besit en bestuur.
Voordat mnr. Wessels in 2017 tot die parlement verkies is, het hy die party as lid van die Vrystaatse Wetgewer (MPW) gedien.
Hy is sedert 2013 ‘n lid van die uitvoerende raad van die party. Hy is die VF Plus se nasionale hoof van verkiesings en strategie en het in die onlangse verkiesing as veldtogbestuurder opgetree.
JONGSTE NUUS
ANC verlig dat Guptas se uitlewering misluk het
Daar is baie in die ANC wat ongetwyfeld ʼn sug van verligting geslaak het toe die aansoek om die Guptas aan Suid-Afrika te laat uitlewer
GALERY



