fbpx
Vryheidsfront Plus

JOU KANDIDAAT

Chandré de Bruyn

VIR MATLOSANA WYK 17

11 Oktober 2023

TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17

Wilkoppies | Doringkruin

Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het bedank. Jy kan op stemdag ‘n nuwe raadslid verkies wat verbetering sal bring.

Ons gemeenskap verdien beter. Staan saam met die VF Plus op vir verbetering. Ons wyk kan beter.

MEER OOR CHANDRÉ DE BRUYN

Chandré de Bruyn het geen bekendstelling nodig aan die inwoners van Doringkruin en Wilkoppies nie. Haar jarelange gemeenskapsbetrokkenheid in die oplossing van munisipale probleme en gemeenskapsveiligheid is welbekend.

Haar passie vir jeugontwikkeling is ‘n uitstaande kenmerk en dit word belig deur haar betrokkenheid by onder meer kinder-bybelonderrig, die Keurhofskool, sowel as die Replay dans-akademie.

Chandré het haar ook onderskei deur ‘n leidende rol te speel om voedselnood in die gemeenskap te verlig tydens die Covid-19-pandemie.

Stem vir ‘n dinamiese kandidaat met ‘n bewese rekord van passievolle diensbaarheid.

Staan saam met Chandré op teen die verval in jou munisipaliteit, vir waarde vir jou belastinggeld en vir verbetering.

SPESIALE STEMME

OUDERDOM, SIEKTE OF SWANGERSKAP

Kan jy nie jou stempunt op 11 Oktober besoek vanweë ouderdom of siekte nie? Die OVK kan jou in die gemak van jou huis besoek op 10 Oktober om ‘n spesiale stem uit te bring.

Aansoeke sluit 28 September.

010 549 1910

UITSTEDIG OP STEMDAG
UITSTEDIG OP STEMDAG Wil jy graag VF Plus stem, maar is uitstedig op 11 Oktober? Jy kan jou stempunt op 10 Oktober besoek om ‘n spesiale stem uit te bring.

Aansoeke sluit 28 September.

010 549 1910

STEMPUNTE

  • NHK Doringkruin
  • Hoërskool Wesvalia
  • TVS Salga

Ongelukkig het die kiesersrol vir hierdie tussenverkiesing reeds gesluit. Jy sal slegs kan stem as jy by een van die bostaande stempunte geregistreer is. Bevestig of jy sal kan stem onder.

VERKIESING IN

Days
Hours
Hou hierdie spasie dop vir verkiesingsuitslae.

GETUIGSKRIFTE

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.