Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het bedank. Jy kan op stemdag ‘n nuwe raadslid verkies wat verbetering sal bring.
Ons gemeenskap verdien beter. Staan saam met die VF Plus op vir verbetering. Ons wyk kan beter.
Ná die verwerwing van haar BA-graad in Toerismebestuur en Rekreasie aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, het Lee-Ann Scott bekend geraak in die plaaslike gasvryheidsbedryf.
Lee-Ann is in 2019 verkies tot ‘n VF Plus-raadslid in Matlosana en in 2021 is sy herverkies. Sy werk reeds hard om diensleweringsprobleme van die inwoners van La Hoff, Wilkeville en Flimieda aan te spreek.
Sy het ook bekendheid verwerf vir haar professionele bydraes in die Matlosana-raad se portefeuljekomitees vir gemeenskapsgesondheid en finansies.
Sy dien as VF Plus-afgevaardigde na die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit waar sy fokus op ekononomiese ontwikkeling en toerisme.
Lee-Ann is bekend vir haar dinamiese gemeenskapsinisiatiewe in die groter Matlosana-gebied. Haar welsynsprojekte en passie vir dierewelsyn is welbekend.
Stem vir ‘n dinamiese kandidaat met ‘n bewese diensbaarheidsrekord.
Staan saam met Lee-Ann op teen die verval in jou munisipaliteit, vir waarde vir jou belastinggeld en vir verbetering. Stem VF Plus.
E-pos: diensnw@vfplus.org.za
Kandidaat: 076 022 7196
Ongelukkig het die kiesersrol vir hierdie tussenverkiesing reeds gesluit. Jy sal slegs kan stem as jy by een van die bostaande stempunte geregistreer is. Bevestig of jy sal kan stem onder.
Kan jy nie jou stempunt op 11 Oktober besoek vanweë ouderdom of siekte nie? Die OVK kan jou in die gemak van jou huis besoek op 10 Oktober om ‘n spesiale stem uit te bring.
Aansoeke sluit 28 September.
Aansoeke sluit 28 September.
Dit is vir my aangenaam om Lee-Ann Scott as die VF Plus se wykskandidaat vir Wyk 16 in Matlosana aan u voor te hou. Lee-Ann is reeds vir jare aktief in die VF Plus se partystrukture op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.
As 'n inwoner van Klerksdorp vir die afgelope veertien jaar het sy 'n sterk insig in die behoeftes van die gemeenskap. Sy dien reeds sedert 2019 as VF Plus-raadslid in die Matlosana-plaaslike munisipale raad waar sy ‘n waardevolle bydrae tot dienslewering lewer. Sy verteenwoordig ook die party in die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit.
Sy het haar onderskei met haar innoverende en beginselvaste bydraes in onder meer die finansies, gemeenskapsgesondheid en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsportefeuljes in die onderskeie munisipaliteite.
Haar praktiese en doeltreffende benadering tot die oplossing van inwoners se munisipale diensleweringsprobleme is ook welbekend.
Lee-Ann Scott is reeds vir jare aan my bekend danksy haar voortgesette betrokkenheid by die VF Plus se strukture in Noordwes. Sy het haar reeds vroeg onderskei met haar passie vir die gemeenskap.
Sedert sy in 2019 as 'n VF Plus-raadslid in Matlosana verkies is, het sy haar ten volle toegwy aan die verbetering van dienslewering in die munisipaliteit. Haar praktiese benadering tot probleemoplossing het haar hier goed te pas gekom.
Haar konstruktiewe bydraes in verskillende portfeuljekomitees in die Matlosana-plaaslike munisipale raad is welbekend. In die Kenneth Kaunda-distriksraad spits sy haar toe op plaaslike ekonomiese onwikkeling en toerisme.
Ek sien met vertroue uit na u steun op 11 Oktober vir ‘n kandidaat wat reeds haar slag met munisipale dienslewering en 'n passie vir die gemeenskap bewys het.
As nasionale onder-jeugleier en provinsiale jeugleier van die VF Plus is Lee-Ann goed aan my bekend. Sy is ‘n sterk leier en staan my met die daaglikse werksaamhede van die nasionale jeug met groot ywer by. Haar liefde vir haar gemeenskap onderskei haar van haar mededingers. Sy deins nie terug vir ‘n uitdaging nie en is altyd gereed om die stryd in belang van die kiesersgemeenskap aan te pak. Haar entoesiasme vir die lewe is aansteeklik. Sy sal as wyksraadlid ‘n aanwins vir alle inwoners van die wyk wees.
"*" indicates required fields
@VFPlus twyfel
VF Plus twyfel in geloofwaardigheid van Emfuleni se ruimte-ontwikkelingsraamwerk - Rdl Gerda Senekal
Onderhoud met O FM: https://youtu.be/tEx8fxmdPMQ
"The FF Plus today requested the Gauteng Police Commissioner, Lt Gen. Elis Mawela, to urgently provide the Carletonville police station with more manpower and patrol vehicles to help fight crime." - MPL Kobus Hoffman
📌Article:
Emfuleni moet sperdatum vir evaluering van waardasierol verleng - Rdl Gerda Senekal
📌Artikel: https://bit.ly/EvalueringVanWaardasierol
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.