DR WYNAND
BOSHOFF
Parlementslid en Noord-Kaap provinsiale leier
DR WYNAND BOSHOFF
Parlementslid en Noord-Kaap provinsiale leier
Dr Wynand Boshoff is in Pretoria gebore waar hy ook in 1988 matrikuleer en ‘n BA-graad in Afrikaans en Geskiedenis verwerf het.
In 2004 het hy ‘n meestersgraad in volhoubare landbou aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi en in 2011 het hy ‘n PhD in opvoedingswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Die tema van sy proefskrif is die indiensneembaarheid van suksesvolle matrikulante in die veld van kurrikulumstudies en onderrigontwerp.
Hy was eers betrokke by landbou en toe onderwys waarna hy akademiese navorsing vir instansies en individue begin doen het. In 2016 is hy as raadslid in die Sol Plaatje munisipale raad verkies.
Dr Boshoff het in 2011 by die politiek betrokke geraak as takvoorsitter vir die VF Plus al het hy in matriek belowe om nooit aktief by politiek betrokke te raak nie. Hy het toe die voorsitter van die party se navorsingskomitee geword en in 2015 het hy die provinsiale leier in die Noord-Kaap geword.
Hy is getroud en het vyf kinders.
JONGSTE NUUS
Bela weer vertraag: Uitstel wek vrae
Daar is nie duidelik waarom die voorlegging van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in finale vorm môre aan die parlementêre portefeuljekomitee, skielik uitgestel is
Bela-wetgewing: Komiteefase byna afgehandel
Die portefeuljekomitee vir basiese onderwys het vandag bespreking van al die voorgestelde wysigings afgehandel. Terwyl belangrike wysigings gemaak is, het die VF Plus steeds wesenlike
Karpowership: Wildsplaas-aanbod lyk na nog ʼn jakkalsdraai
In nóg ‘n wending in die tweejaarlange poging van die Turkse Karpowership-maatskappy om krag aan Suid-Afrika te lewer, het hy nou aangebied om ‘n wildsplaas
GALERY



