fbpx
Vryheidsfront Plus

2024 NASIONALE

VERKIESING

KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU! KOM ONS HERSTEL EN BOU!

HOE SAL JOU STEM HELP OM TE HERSTEL EN BOU?

Met die 2024-nasionale- en provinsiale verkiesings sal die ANC reeds 30 jaar aan bewind wees.

Tydens hierdie 30 jaar het die ANC Suid-Afrika tot in die afgrond wanbestuur. Suid-Afrika is onder die ANC in ’n afwaartse doodsspiraal.

Ons kan nie langer so aangaan nie. Dit is nou of nooit.

Waar sal jy kan stem?

VF PLUS MANIFES 2024

LEES DIE OPSOMMING EN FOKUSAREAS IN JOU MOEDERTAAL.

KYK DIE 2024-MANIFESBEKENDSTELLING

FOKUSAREAS

Die bou van ʼn nuwe bedeling wat diversiteit erken en gemeenskappe se selfstandigheid bevorder.

Die uitroei van korrupsie en kaderontplooiing om sodoende die staat se finansiële krisis, swak infrastruktuur en dienslewering te herstel.

Die herstel van betroubare elektrisiteitsvoorsiening.

Die herbou van die ekonomie met die bevordering van die vrye mark, werkskepping en privaat eiendomsreg.

Die herstel van wet en orde, prioritisering van burgers se veiligheid en effektiewe grensbeheer.

Die herstel van gehalte, toeganklike gesondheidsorg.

Die bewaring van die omgewing en natuurlike hulpbronne deur volhoubare ontwikkeling.

Bevorder gehalte gemeenskapsgegronde moedertaalonderrig.

Bou deur die bevordering van omstandighede wat gunstig is vir landbou, bosbou en visserye en waar voedsekerheid beskerm word.

Bou welvaart deur werklike bemagtiging sonder rasgegronde regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging – bevorder toegang tot gelyke geleenthede.

OPSOMMING VAN KERNOPLOSSINGS VIR
BOU 'N BETER TOEKOMS

Die VF Plus se manifes en beleidsraamwerk bied die bouplan om Suid-Afrika se kernprobleme op te los en om herstel te bewerkstellig.

Die volgende is die kern tot hierdie bouplan:

  • Beperk staatsbesteding.
  • Privatiseer staatsentiteite, soos Eskom.
  • Bring belastingverligting vir persone en ondernemings.
  • Bring ʼn fiskale kommissie tot stand wat onder meer die BTW-koers aanpas.
  • Stel kundiges by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aan.
  • Skaf die padongeluksfonds af en vervang dit met wetgewing wat derdeparty-versekering vir alle motoreienaars verplig.
  • Verlaag die brandstofheffing en wend dit slegs vir pad- en vervoerinfrastruktuur aan.
  • Die staat moet sy geld verdien, pleks van opeis.
  • Belastingkorting vir ondernemings en persone wat regeringsfunksies verrig.
  • Prioritiseer die gebruik van hernubare-energie.
  • Dereguleer die elektrisiteitsektor om mededinging tussen elektrisiteitsverskaffers moontlik te maak.
  • Ontbondel Eskom volledig en privatiseer die entiteite.
  • Belastingkortings aan persone en sakeondernemings wat oorskakel na alternatiewe energiebronne en addisionele elektrisiteit wat huishoudings en ondernemings opwek, moet teen mededingende tariewe aangekoop word.
  • Benut onderontwikkelde gebiede, soos in die Noord- en Wes-Kaap om hernubare-energie te oes en gradeer die verspreidingsnetwerk op om elektrisiteit vanaf hierdie gebiede na stede te kan versprei.
  • Pas onbuigsame arbeidswetgewing aan om volhoubare werkskepping te bevorder.
  • Voorkom onbillike arbeidspraktyke.
  • Skaf transformasieteikens af en fokus eerder op ontwikkeling.
  • Skep ʼn gunstige omgewing vir werkskepping deur regeringsbeleid wat ekonomiese groei stimuleer en die vrye mark bevorder.
  • Moedertaalonderwys tot op die hoogste moontlike vlak.
  • Subsidieer kinders eerder as skole.
  • Gemeenskapskole met owerheidbystand.
  • Vervang die Bela-wetsontwerp.
  • ʼn Hoë standaard van onderwys om internasionaal te kan meeding.
  • Die funksies om onderwysdienste te lewer en om onderwys te reguleer moet geskei word.
  • Tariefbeskerming, navorsing, rampverligting en infrastruktuurskepping tot voordeel van alle landbouers.
  • Staan landbouers by om woestynvorming te keer en grond te rehabiliteer.
  • Voedselsekerheid moet beskerm word.
  • Kleinskaal viskwotas moet aan gemeenskappe in en om kusgebiede toegewys word en frontmaatskappye en misbruik moet voorkom word.
  • Seebronne moet beskerm word teen buitelandse visvangbedrywighede.
  • Verantwoordelike en volhoubare visvangpraktyke moet bevorder word.
  • Wegbeweeg van omgewingsvernietigende produkte, praktyke en energiebronne.
  • Toenemende vervanging van steenkoolkragstasies met hernubare-energie.
  • Versterk die Groen Skerpioene.
  • Vervolg rekenpligtige amptenare van munisipaliteite en staatsdepartemente waar omgewingswetgewing oortree word en besoedeling van die omgewing plaasvind.
  • Opgradering van rioolaanlegte en stortingsterreine.
  • Dreineringsnette by stormwaterdreineringspype om besoedeling van waterbronne te keer.
  • ʼn Kultuur van geordende herwinning moet bevorder word.
  • Beperk waterverlies en belê in waterinfrastruktuur, insluitend damme.
  • Bevorder praktyke wat woestynvorming voorkom en implementeer geïntegreerde water- en grondbestuur.
  • Bevorder die rehabilitasie van grond waar woestynvorming plaasgevind het.
  • ʼn Verbod op die toetsing van kosmetiese produkte op diere.
  • Verbied die jag van leeus in aanhouding.
  • Maak die volhoubare benutting van omgewingshulpbronne moontlik deur gekoördineerde regulering van die omgewing.
  • Herstel die integriteit en funksionaliteit van die polisie deur van korrupte lede ontslae te raak; nie politieke aanstellings te maak nie en bevorderings op grond van kundigheid en ondervinding te laat geskied.
  • Private besteding aan veiligheid moet van belasting aftrekbaar wees.
  • ʼn Effektiewe misdaadintelligensie-eenheid wat misdaad voorkom, sonder om die regte van burgers te verontagsaam.
  • Spesialiseenhede moet gestig word teen geweldsmisdaad en om die handel in onwettige vuurwapens aan te spreek.
  • Die reg van bevoegde burgers om vuurwapens te besit moet beskerm word.
  • Plaasaanvalle moet as ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word en genoeg hulpbronne moet aan landelike beveiling toegeken word.
  • Die polisie se landelike beveiligingsplan moet samewerking met en die bemagtiging van landelike beveiligingsnetwerke insluit.
  • Goeie gekoördineerde samewerking tussen die polisie, plaaslike owerhede, spesialiseenhede en die NVG is nodig om bendegeweld hok te slaan.
  • Dwelmhandel en smokkelary moet daadwerklik aangespreek word deur dwelms wat oor die grense van die land ingebring word, effektief te onderskep.
  • Ondersoekeenhede moet bemagtig word met kundigheid en daar moet sorg gedra word om te voorkom dat vervolging van misdadigers misluk weens die swak hantering van bewysstukke en getuienis.
  • Vervolgingsgedrewe misdaadondersoekeenhede moet geskep word om georganiseerde misdaad, en veral kinder- en mensehandel behoorlik te vervolg.
  • Stop die NGV.
  • Gradeer openbare gesondheidsinfrastruktuur op.
  • Stel kundiges en goeie bestuurders aan.
  • Staak die oorregulering van die mediese fondsbedryf.
  • Die daarstel van ‘n gunstige vennootskap tussen privaat- en openbare mediese dienste.
  • Fokus op voorkomende primêre gesondheidsorg.
  • Die ontwikkeling van selfstandige, plaaslike ekonomieë.
  • Armoede as grondslag vir bemagtiging.
  • Die aanwending van groei en ontwikkeling eerder as rasseteikens as bemagtigingsmetode.
  • Spesiale ekonomiese sones wat vrygestel is van regstellende-, bemagtigings- en beperkende arbeidswette.
  • Gemeenskapsgegronde maatskaplike diens.
  • Werklike gelyke geleenthede moet bevorder word en nie ʼn kunsmatige stelsel van bemagtiging nie.
  • Maatreëls moet in plek gestel word om die aanmelding van geslagsgeweld aan te moedig en slagoffers te beskerm, ook deur die hersiening van die paroolstelsel.
  • Polisiëring en vervolging ten opsigte van geweld teen vroue en kinders moet geprioritiseer word.
  • Staatsubsidies aan nie-winsgewende organisasies soos kinderhuise en tehuise vir gestremdes en bejaardes moet verhoog word.
  • Gebaretaal moet werklik as amptelike taal geïmplementeer word.
  • Meer skole en universiteite moet gebou word en ander maatreëls in plek gestel word om uitvoering aan die Grondwet se bepaling te gee, wat lui dat elkeen die reg het om in die amptelike taal van sy of haar keuse onderrig te ontvang.
  • Taalregte moet in wetgewing duidelik geformuleer word, want die vertolking van vae bepalings lei tot die skending van grondwetlike regte wat dan slegs simbolies is.
  • Openbare instellings en staatsdepartemente moet in amptelike tale toeganklik wees.
  • Wend ongebruikte staatsgrond aan vir grondhervorming.
  • Begunstigdes van grondhervorming moet die grond besit.
  • Privaat eiendomsreg moet beskerm word en die huidige Onteieningswetsontwerp moet geskrap word.
  • Onteieningsmagte moet by ʼn hoë hof gesetel wees en onteiening mag slegs vir openbare gebruik teen markverwante vergoeding geskied.
  • Beskerm produktiewe landbougrond.
  • Stop onwettige besetting.
  • Handhaaf ʼn balans tussen behuising, bewaringsgebiede, eiendomswaarde en landbougrond.
  • Innoverende en moderne behuisingsprojekte.
  • ʼn Duidelike beleid oor buitelandse verhoudinge wat gegrond is op wedersydse respek en tot voordeel van Suid-Afrika strek.
  • Bevestig Suid-Afrika se sentrale rol in Afrika.
  • Ondersteun ‘n tweestaatoplossing vir Israel en Palestina.
  • Vestig nuwe handelsvennote sonder om reeds gevestigdes te vervreem.
  • Vestig bekwame, gedissiplineerde militêre magte.
  • Verkry toerusting en wapens binne fiskale beperkings
  • Doeltreffende grensbeheer waar die integriteit van die land se grense herstel word.
  • Sterk optrede teen korrupte amptenary.
  • Beweging van dwelms, renosterhorings en vuurwapens oor ons grense moet gestop word.
  • Onwettige immigrasie moet daadwerklik aangespreek word.

WIL JY AS VRYWILLIGER HELP IN DIE VERKIESING?

"*" indicates required fields

1Maniere hoe jy kan help
2Persoonlike inligting
3Woongebied
Hoe wil jy graag help? Kies enige hoeveelheid opsies.*

VERKIESING

SPESIALE
STEMME 2024

VERKIESING IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Hou hierdie spasie dop vir verkiesingsuitslae.

VPHSA

Veelpartyhandves van Suid-Afrika

Vertroue. Dit is die kodewoord vir die partye van die Veelpartyhandves om sukses te behaal in aanstaande jaar se algemene verkiesings en om die ANC te vervang as regering van Suid-Afrika.

Sonder vertroue en samewerking kan daar nie sukses wees nie.

Koalisies word gewoonlik ná ’n verkiesing gevorm en daarom is die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika in ’n unieke situasie waar partye lank voor die verkiesing reeds formeel na mekaar uitgereik het.

VERKIESINGSFOEFIES

Moenie mislei of gedreig word nie.

Die proporsionele kiesstelsel verseker dat geen stem verlore gaan nie. Alle stemme teen die ANC verminder die ANC se persentasie verteenwoordigers. Dit is nie die VF Plus se opinie nie – dit is wet.

Wanneer jy registreer word jy tot die OVK se amptelike kiesersrol gevoeg. Jy registreer nie by ‘n spesifieke party om vir daardie party te stem nie.

Daar bestaan nie so iets soos ‘n ‘partylys’ op stemdag nie. Jy mag stem vir die party van jou keuse. Alle stemme is vertroulik en kan nie aan ‘n kieser gekoppel word nie.

RAAK BETROKKE

Jy kan ons sterker maak om groter verskil in jou gemeenskap te maak. Sluit aan by die enigste party wat opstaan teen rassediskriminasie en wat ‘n standpunt inneem vir ‘n beter bedeling en toekoms.

Raak betrokke deur meer inligting te vekry of aan te sluit as gewone of aktiewe lid.

BELANGRIK VIR STEMDAG

29 MEI 2024
STEMPUNTE IS OOP TUSSEN 07:00 - 21:00

Kiesersrol

Enigeen wat 18 jaar of ouer is en wie se naam op die kieserslys verskyn, mag stem. Kiesers registreer nie by ‘n politieke party nie. Jy kan stem vir die party van jou keuse.

Stempunte

Jy mag slegs stem by die stempunt waar jy geregistreer is. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp na 0861 700 700 en volg die instruksies om jou stemlokaal te bevestig. Of klik hier.

Bring saam

Jou ID-kaart/ strepieskode ID-boek/ of geldige tydelike sertifikaat En ‘n positiewe gesindheid om verandering te bring

Geen Bestuurslisensies

Jy kan net stem met jou geldige, strepieskode ID-dokument of tydelike identiteitsertifikaat (TIC).

beleid in die kollig

Herstel Grensbeheer

Die integriteit van die land se grense moet herstel word. “Sagte” grense beteken dat mense die land binnestroom wanneer ekonomiese druk elders in Afrika toeneem.

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.