VF Plus dien voorstelle in oor Tokologo se voorgestelde finansiële herstelplan
Raadslede se agterstallige skuld, onbillike grondbelasting en ʼn funksionele openbare rekeningekomitee is kritiese elemente wat by die finansiële herstelplan van die Tokologo plaaslike-munisipaliteit (Dealesville, Boshoff en Hertzogville) ingesluit moet word. Dié munisipaliteit is tans onder artikel 139 (5) (a) en (c)-intervensie wat ʼn ekonomiese herstelplan behels weens jarelange wanbestuur deur die ANC. Die VF Plus […]