fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in om voortslepende waterkrisis in Emalahleni op te los

Die VF Plus in die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) het by die groeiende waterkrisis in Witbank ingegryp en teen Donderdag het die meeste gedeeltes van dié dorp weer water gehad. Die waterkrisis duur al sporadies vir maande en nadat verskeie wyke weer vir tot drie weke lank min tot geen water gehad het […]

Weggespoelde straat in Emalahleni herstel na volgehou druk van VF Plus

Herstelwerk aan Avrilstraat in Blanceville, Emalahleni/Witbank, het uiteindelik begin na volgehoue druk van die VF Plus. Avrilstraat is ses jaar gelede tydens ‘n vloed beskadig en pleidooie van inwoners aan die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) om die pad te herstel, het op dowe ore geval. Lekkende waterpype het mettertyd die straat verder weggekalwe […]

VF Plus oorhandig griefskrif oor verval en misbruik van openbare parke in Emalahleni

Die VF Plus het ‘n griefskrif oor die algehele verval van die openbare parkies in uitbreiding agt en sestien in Emalahleni (Witbank) namens die inwoners aan die bevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor, brig. Moses Bolton, asook Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, oorhandig. In die griefskrif maak inwoners beswaar teen die verval van […]

Krane in Emalahleni loop leeg weens ANC se onbevoegdheid

Die blaam vir die waterprobleme wat die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank) tans ervaar, moet vierkantig op die skouers van die ANC-beheerde raad geplaas word. Die munisipaliteit pluk nou die wrange vrugte van jarelange swak beplanning rondom instandhouding van die waternetwerk, 'n tekort aan kundige personeel en die feit dat baie inwoners […]

Geen werkbare oplossing in sig vir Emalahleni-waterkrisis – waterverlies beloop jaarliks meer as R138 miljoen

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank) klaarblyklik nog geen oplossing gevind het vir die waterkrisis wat die munisipaliteit nou al vir etlike jare sporadies teister nie. Die huidige waterkrisis wat dié munisipaliteit ervaar, het nie oornag ontstaan nie. Swak beplanning van die munisipale bestuurder, Sizwe […]

VF Plus veroordeel wrede moord op inwoner van Witbank

Die VF Plus veroordeel die wrede moord op mev. Johanna Rossouw (86) gister (31 Januarie 2021) in die Eden Park-tehuis vir bejaardes in Witbank. Volgens ‘n polisie-woordvoerder is ‘n soektog dadelik na die verdagte begin wat glo deur ‘n ooggetuie op die dag van die moord gesien is toe hy met die oorledene se wit […]

Wyk 18: Witbank het die VF Plus se nuwe energie nodig

Die VF Plus is gereed om nuwe energie na die Emalahleni-munisipale raad en verligting aan Wyk 18-inwoners te bring. Reynorif, Spring Valley en Ben Fleur het die afgelope paar jaar toenemend gebuk gegaan onder feitlik geen dienslewering, swak munisipale-administrasie en bestuur. Die VF Plus-kandidaat vir die komende tussenverkiesing, Sharon Schlachter, bied nuwe insig om werklike […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.