fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat polisie optree teen onwettige myners in Pelgrimsrus

Die VF Plus het Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, versoek om voorkomend op te tree teen onwettige myners in die toeristedorpie Pelgrimsrus. Ε‰ Risikobestuur-strategie moet dringend ontwerp word om veral plaaslike inwoners sowel as toeriste te beskerm. Hierdie plan moet plaaslike rolspelers soos sekerheidsmaatskappye betrek. Inwoners het kommer oor hul veiligheid teenoor […]

VF Plus eis dat Mpumalanga-regering ondersoek instel na beplande myn wat waterbron bedreig

Na toenemende druk van die VF Plus sal die Mpumalanga-regering ondersoek instel na die negatiewe impak wat ‘n beplande myn in Wakkerstroom op die nabye omgewing sal hΓͺ. Die party het ‘n dringende mosie ingedien wat eis dat die regering ingryp voor die Indiese mynmaatskappy Atha-Africa Ventures met enige mynbou- en verwante aktiwiteite begin sonder […]

Ondersoek na Mpumalanga-lisensiebedrog moet na alle provinsiale kantore uitgebrei word

Dit is noodsaaklik dat Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid sy ondersoek na lisensiebedrog na alle lisensiekantore in die provinsie uitbrei. Die VF Plus het die versoek gerig nadat die LUR vir die departement, mnr. Vusi Shongwe, onthul het dat die meer as R35 miljoen se verlore inkomste weens bedrog by die Kwamhlanga- en Siyabuswa-lisensiekantore, verhaal […]

EFF hoort nie by betogings by Middelburg-skool

Dit is onaanvaarbaar vir ‘n politieke party soos die EFF om betrokke te raak by die ontwrigting van onderrig by skole eerder as om werkers aan te moedig om ‘n vreedsame oplossing vir hul griewe te vind. Die protesaksie vandag by HTS Middelburg in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) handel glo […]

LUR sal self ingryp in bekamping van onwettige jag met honde in Mpumalanga

Mpumalanga se provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, het onderneem om persoonlik met die plaaslike polisie te skakel om uit te vind waarom die onwettige jag met honde nie streng gepolisieer word nie. Dit volg na die VF Plus kapsie gemaak het teen die feit dat onwettige jagbendes amok saai onder plaasgemeenskappe regoor die […]

ANC erken prontuit hy het beheer verloor oor misdaad in Mpumalanga

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, mnr. Vusi Shongwe, het in ‘n departementele oorsigkomiteevergadering ruiterlik erken dat die polisie beheer verloor het oor misdaad in die provinsie. Tydens die vergadering het die LUR beaam dat die plaaslike misdaadsindikate tans sterker is as die provinsie se polisiemag en dat omkopery hoogty vier. Misdadigers beskik glo ook […]

VF Plus in Mpumalanga eis antwoorde oor beweerde ontbinding van blitspatrollie-eenheid

Die VF Plus het die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, versoek om klaarheid te gee oor die bewering dat die hele Witrivier se blitspatrollie-eenheid tydelik ontbind is. Lede van diΓ© elite eenheid gaan na bewering tydelik na omliggende polisiekantore ontplooi word. Hierdie verwikkeling volg op die inhegtenisneming van drie lede van die eenheid, wat na […]

VF Plus eis dringende optrede oor plaasaanvalle in Mpumalanga

NΓ³g β€˜n aanval op ‘n kleinhoewe in Mpumalanga laat die rooi ligte flikker en dit is duidelik dat diΓ© provinsie ’n teiken is vir plaasaanvallers. ’n Bejaarde vrou, die 75-jarige me. Adele Kimble, is Dinsdagaand oorval en wreed aangerand in haar kleinhoewe-woning op die Uitkykpad in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit. DiΓ© aanval volg skaars twee weke […]

VF Plus vra ondersoek na intimidasiebewerings teen Mpumalanga-LUR

Die VF Plus het die Mpumalanga-wetgewer se etiekkomitee versoek om ondersoek in te stel na die intimidasiebewerings wat Ε‰ lid van die publiek gemaak het teen die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Mandla Msibi. DiΓ© klag moet behoorlik ondersoek word en toepaslike stappe moet geneem word indien nodig. Die polisie het […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.