fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisiehuis in Hartswater nou dwelmhuis

Die VF Plus het vasgestel dat Ε‰ verlate en bouvallige huis in Hartswater Ε‰ ou polisiehuis is wat nou as dwelmhuis gebruik word. DiΓ© huis, wat aan die departement van openbare werke behoort maar in die sorg van die polisie is, is sΓ³ vervalle dat dit eiendomswaardes in die omgewing benadeel en mense se veiligheid […]

Onbevoegdheid van munisipale amptenare benadeel Phokwane-gemeenskap

Die onbevoegdheid van amptenare van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit is besig om die gemeenskap die geleentheid te ontsê om deel te neem aan belangrike openbare deelnameprosesse. Dit is belangrik dat gemeenskappe aan hierdie prosesse deelneem sodat daar na hul belange omgesien kan word. ‘n Onlangse vergadering wat die menseregtekommissie (MRK) belê het om belangrike grondwetlike kwessies […]

Philipstown se krag onwettig afgesny

Die VF Plus het met die hulp van me. Karin Depken, VF Plus-dagbestuurslid in die Noord-Kaap en inwoner van Philipstown, die onwettige afsny van Philipstown se krag gekeer. Die Renosterberg-plaaslike munisipaliteit (Petrusville, Philipstown, Van der Kloof) sou die kragtoevoer na Philipstown op 4 Augustus afgesny het. Die munisipaliteit lewer vir die afgelope maande nie meer […]

Frances Baard-distriksmunisipaliteit se begroting bevestig VF Plus se kritiek op gesentraliseerde plaaslike regering

Die Frances Baard-distriksmunisipaliteit (Phokwane, Magareng, Sol Plaatje en Dikgatlong) se begroting wys dat die ANC se gesentraliseerde model vir plaaslike regering faal. Een van die redes is dat die munisipaliteit se begroting vir infrastruktuur vir die 2021/22-finansiële jaar drasties besnoei is weens ‘n kleiner toelaag van die sentrale regering. Die gevolg hiervan is dat slegs […]

Openbare deelname in Phokwane sluit sekere gemeenskappe uit

Die openbare deelnameproses in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad) rakende die konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar, neig om ‘n deel van die gemeenskap uit te sluit. Die openbare deelnameproses het op 12 Mei afgeskop en duur tot 19 Mei. Hierdie proses word kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet gevolg en bied aan die […]

Phokwane-munisipaliteit: VF Plus sal stryd voortsit teen rioolbesoedeling

Die VF Plus sal sy stryd teen rioolbesoedeling in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit voortsit nadat daar tydens ‘n oorsigbesoek gevind is dat die munisipaliteit se rioolsuiweringsaanlegte steeds buite werking is. Intussen duur die besoedeling van skaars waterbronne en die omgewing ongehinderd voort. Mnr. Anthony Wyngaard, ‘n regsbeampte van die Mensregtekommissie (MRK) in die Noord-Kaap, het die […]

MRK ondersoek diensleweringsprobleme op VF Plus aandrang in Renosterberg-plaaslike munisipaliteit

Die menseregtekommissie (MRK) het na vele klagte van die VF Plus oor die swak dienslewering van die Renosterberg-plaaslike munisipaliteit (Petrusville, Philipstown, Van der Kloof) verlede week die munisipaliteit besoek. Die klagte handel onder meer oor rioolstorting in die Vanderkloofdam, Eskom se straf-beurtkrag wat tot agt uur per dag duur en die gebrek aan voldoende watervoorsiening […]

Inwoners ly onder onbevoegdheid van Phokwane se ANC-beheerde raad

Die inwoners van Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat word weer gestraf vir die onbevoegdheid van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit. Werknemers van die munisipaliteit het gister (22 September) begin staak nadat gerugte ontstaan het dat oortydbetalings en moontlik ook salarisse nie aan die einde van September betaal sal kan word nie. Rommel en riool is deur die […]

VF Plus dien strafregtelik klag in teen waarnemende munisipale bestuurder van Phokwane

Die VF Plus het `n strafregtelike klag ingedien teen die munisipale bestuurder van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit, (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat) me. Kealoboga Gaborone, rakende oortredings van die Nasionale Waterwet en Nasionale Omgewingsbestuurswet. Die klagte is gister (12 Augustus) by die Jan Kempdorpse polisiekantoor aanhangig gemaak. Dit volg nadat die VF Plus op 20 April […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.