fbpx
Vryheidsfront Plus

Strafregtelike klag ingedien weens besoedeling van Msukaligwa se waterbronne

Die VF Plus het ’n klag by die polisie ingedien rondom die rioolbesoedeling van waterbronne by die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Ermelo, Breyten, Chrissiesmeer, Lothair, Davel). Die oorsaak van die besoedeling is swak en nalatige munisipale bestuur. Die klag is ingedien teen die munisipale bestuurder van Msukaligwa, mnr. Maqhawe Kunene as die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit, […]

MRK besoek Msukaligwa twee keer ná klag van VF Plus

Die VF Plus het vandeesweek die menseregtekommissie (MRK) vergesel tydens ʼn ondersoek na omgewingsbesoedeling, gesondheidsgevare, onwettige storting van gevaarlike afval en die vryelike vloei van onverwerkte riool in die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit. Dit was die MRK se tweede besoek aan dié munisipaliteit wat Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo en Lothair bedien. Die VF Plus het reeds op […]

Msukaligwa kan Eskom-skuld oplos deur uitstaande rekeninge te verhaal

Die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Ermelo, Breyten, Chrissiesmeer, Lothair, Davel) kan sy Eskom-skuldprobleme oplos deur nie-betalers vas te vat. Dié groot verlies aan inkomste vir kragverbruik dui daarop dat die ANC nie werklik die toestand van die munisipaliteit se infrastruktuur asook dienslewering wil verbeter nie. Die verlies kan direk aan die wanbetaling van huishoudings toegeskryf word en […]

Inwoners is keelvol vir haglike toestand van Chrissiesmeer-strate

Die inwoners van Chrissiesmeer is keelvol oor die haglike toestand van paaie op dié dorp. Chrissiesmeer het slegs twee teerpaaie. Die ander is grondpaaie. Dit is die toestand van dié grondpaaie wat inwoners warm onder die kraag het. Chrissiesmeer val onder die ANC-beheerde Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit wat ook Breyten, Davel, Ermelo en Lothair bedien. Die afgelope […]

MRK sloer met ondersoek na waterkrisis in Breyten

Dit is onaanvaarbaar dat die menseregtekommissie (MRK) al sedert Oktober 2022 sloer met 'n ondersoek na die waterkrisis in Breyten in die Msukaligwa plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair). Reeds voor die 2021-plaaslike verkiesing het die inwoners onder erge watertekorte gebuk gegaan. Nie eens die nuut verkose raad kon daarin slaag om ‘n permanente […]

Geen diesel vir kragopwekker in Breyten lei tot watertekort

Inwoners van Breyten in die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair, Warburton) gaan vir etlike maande gebuk onder ‘n watertekort aangesien ‘n kragopwekker sonder diesel staan. Dié kragopwekker is in Maart vanaf die waterwerke in Breyten verskuif na die waterpomp by die Torbanite-dam buite Breyten. Dit was juis om die knaende kragprobleme in daardie […]

VF Plus versoek voorkomingstelsels om kragdiefstal in Msukaligwa-munisipaliteit uit te skakel

Die VF Plus het 'n skriftelike versoek gerig aan Ntombifuthi Xhosa, speaker van die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair) om te vra dat voorkomende stelsels dringend in plek gesit word om grootskaalse kragdiefstal deur onwettige aansluitings te voorkom. Hierdie onwettige verbindings lei tot groot finansiële verliese vir die munisipaliteit. Sowat 32% (R16 miljoen) […]

Dienslewering in Msukaligwa-munisipaliteit ly weens ANC-binnegevegte

Dienslewering in die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair) is weereens die slagoffer van die ANC se binnegevegte en openlike minagting van munisipale wetgewing. Die ANC se uitvoerende komitee vir die Gert Sibande-streek, het die nuutverkose burgemeester van Msukaligwa, Aggy Mahlalela, die hoofsweep, Samkelo Buthelezi en die speaker, Ncane Madini, geskors nadat hulle nie […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.