fbpx
Vryheidsfront Plus

Multisektorale benadering nodig om tienerswangerskappe aan te spreek

Die tyd het aangebreek vir ʼn multisektorale benadering van die regering, gemeenskappe en opvoedkundige instellings om die komplekse probleem van tienerswangerskappe te beperk. Planne alleen gaan egter niks help nie. Daar moet dringende optrede ook kom oor hierdie probleem. In 2023 is daar net in die Tshwane-metro 4 444 tienerswangerskappe by openbare gesondheidsgeriewe aangemeld. Dit […]

Inwoners van Tshwane moet bedag wees op cholera-simptome

Alhoewel geen gevalle van cholera tot dusver in 2024 in die Tshwane-metro aangemeld is nie, doen die VF Plus ʼn beroep op inwoners om bedag te wees op die simptome van cholera. Die Tshwane-metro se gesondheidsdepartement is reeds op ʼn gereedheidsgrondslag nadat die nasionale gesondheidsdepartement op 15 Januarie bekend gemaak het dat twee nuwe gevalle […]

VF Plus inisieer opgeskerpte veiligheid in Eersterust

Die VF Plus het op 9 Desember die vrywillige gemeenskapspatrollie-inisiatief aan geesdriftige gemeenskapslede van Eersterust in die Tshwane-metro bekendgestel. Die inisiatief sal ʼn belangrike aanvullende rol speel om die Tshwane-metropolisie, die metro se departemente van gesondheid en gemeenskapsveiligheid, die nooddienste, polisie en privaat sekuriteitsmaatskappye te ondersteun om veiligheid in die gebied op te skerp. Gemeenskapslede […]

Slegs gesondheidsinspekteurs van Tshwane-metro mag inspeksies doen

Slegs inspekteurs van die Tshwane-metro se departement van gesondheid mag informele straatverkopers en spaza-winkels inspekteer om toe te sien dat hulle voldoen aan die wetlike vereistes ten opsigte van voedselhantering en -verkope. Hierdie inspekteurs moet voldoen aan vereistes en kwalifikasies om die werk te verrig. Die waarskuwing volg nadat mense vandeesweek informele nedersettings besoek het […]

Gerugte oor cholera moet bewys word

Die VF Plus veroordeel die vals gerugte wat op sosiale media versprei word wat beweer dat die cholera-uitbraak vroeër vanjaar sy ontstaan by die Rooiwal-rioolsuiweringsaanleg gehad het. Die party daag almal uit wat sulke gerugte versprei om dit te staaf met die bevindings van geakkrediteerde laboratoriums. Tydens die cholera-uitbraak in Mei vanjaar in Hammanskraal, het […]

VF Plus hard aan die werk om te help met Cholera-uitbreking in Hammanskraal

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het sedert die uitbreking van Cholera in Hammanskraal verskeie noodmaatreëls laat instel om te sorg dat mense ingelig en van vars water voorsien word. Buiten watertenkwaens wat drie keer per week na Hammanskraal gestuur word, word bykomende vars water vyf keer per week aan inwoners verskaf. Die dodetal staan […]

VF Plus-burgemeesterskomiteelid in Tshwane-metro takel dwelmmisbruik met hulp van UP

Die VF Plus het onlangs produktiewe samesprekings met die Universiteit van Pretoria (UP) gehou in verband met die Tshwane-metro se gemeenskaps-georiënteerde dwelmmisbruikprogram (COSUP). Die UP werk sedert Mei 2016 saam met die Tshwane-metro om van COSUP ʼn sukses te maak. Die UP is behulpsaam met die ontwikkeling en implementering van die program. Daar bestaan tans […]

Prinshofskool vir gesiggestremde leerders se ingang skuif na veiliger gebied

Met die hulp van VF Plus is goedkeuring verleen dat die ingang van die Prinshofskool vir gesiggestremde leerders in sentraal Pretoria na ‘n veiliger gebied geskuif word. Die ingang wat die skool gebruik sedert sy stigting in 1963 is in Lewisstraat, maar deur die jare het dit onveilig vir leerders geraak om van die ingang […]

Gerugte van uitbreek van tifuskoors in Tshwane onwaar

Die Tshwane-metro beskou sosiale media-gerugte van die uitbreek van tifuskoors in die metro as onwaar. Slegs 43 gevalle van tifuskoors is sedert Desember 2021 in Tshwane-metro aangemeld. Dit word veroorsaak deur die Salmonella-bakterie. Simptome soos koors, hoofpyn, abnormale buikpyn of krampe, naarheid, hardlywigheid of diarree en griepsimptome kom by tifuskoors-pasiënte voor. Die Nasionale Instituut vir […]

VF Plus reël suksesvolle geïntegreerde anti-dwelmklopjag by Amandasig in Pretoria

Die VF Plus het ‘n geïntegreerde anti-dwelmklopjag by Amandasig in Akasia in Pretoria gereël wat in die vroeë oggendure vanoggend suksesvol uitgevoer is (20 Oktober 2022). Die klopjag-operasie is geïnisieer deur mev. Rina Marx, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling in die Tshwane-metroraad. Dit was in reaksie op klagtes van dwelmmisbruik aan […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.