fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus en buurtwaglede in Brakpan keer kabeldiewe vas

Die VF Plus, buurtwaglede en veiligheidsmaatskappye het Maandagaand kabeldiewe in Minnebron, Brakpan, op heterdaad betrap en aan die polisie oorhandig. Dit volg nadat groot dele van Brakpan vanaf verlede Vrydagmiddag sonder krag gelaat is nadat kabeldiewe Ε‰ kragkabel in Lowerstraat in Minnebron beskadig het. Herstelwerk aan die kabel sou gewoonlik weens veiligheidsredes sowat vyf dae […]

VF Plus in Brakpan help om munisipale werkers te beskerm

Die VF Plus, in samewerking met buurtwaglede en die polisie in Brakpan, het sedert die naweek begin om substasies in die dorp gedurende beurtkrag te beveilig. Die inisiatief volg op Ε‰ skietvoorval in Boksburg waar Ε‰ elektrisiΓ«n, Dewaal Smit, Saterdagaand gewond is terwyl hy besig was met herstelwerk aan Ε‰ substasie. Dit gebeur dikwels dat […]

Kabeldiewe helder oordag in Ekurhuleni betrap

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metro het tesame met gespesialiseerde polisiemagte, die Brakpan-gemeenskapspolisiëringsforum en ‘n private sekuriteitsmaatskappy verlede Vrydag (23 Maart) helder oordag vermeende kabeldiewe betrap wat hulle na ‘n skrootwerf in Alberton gelei het. ‘n Kabeldief is langs die R23 naby die Brakpan Makro met gereedskap in sy besit betrap. Die gereedskap word vermoedelik […]

VF Plus vervul kernrol om brandstofdiefstal in Ekurhuleni te keer

Die VF Plus het ‘n kernrol gespeel om brandstofdiefstal in die Ekurhuleni-metro te keer. Dit het gelei het tot die inhegtenisneming van een van die vermeende diewe deur beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD). Die diewe het diesel vanuit ‘n vullisverwyderingsvoertuig gesteel. Die VF Plus se raadslid, Riaan van Zyl, is Maandagmiddag deur gemeenskapslede gekontak en […]

VF Plus help DBV in Brakpan met fondsinsameling

Die koalisievennote in die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het Saterdag ook buite die raadsaal hande gevat en ‘n blikskud-geleentheid by die Carnaval Mall in Brakpan aangebied. Die doel van die blikskud was om geld in te samel vir die aankoop van ‘n bakkie vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Brakpan. Die VF Plus […]

VF Plus help om skaars swartmossievalk in Brakpan te red

Die VF Plus was instrumenteel om ‘n jong swartmossievalk wat uit sy nes vanuit ‘n hoë bloekomboom op die State Mine Country-gholfklub in Brakpan geval het, weer in sy nes terug te kry. Die seldsame swartmossievalk kom in die Wes-Kaap voor, maar weens die vermindering van bloekombome word hulle al hoe meer in Gauteng aangetref. […]

VF Plus verwelkom 475 nuwe metropolisie in Ekurhuleni

Die VF Plus verwelkom die versterking van Ekurhuleni se metropolisie met 475 nuwe lede. Die groep sal ‘n welkome en belangrike leemte vul aangesien die gevolge van Covid-19-inperkings hul opleiding erg in die wiele gery het. Waar die opleidingskursus gewoonlik agtien maande neem om te voltooi, het hierdie kursus drie jaar geduur. Die nuwe lede […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.