ANC-nalatigheid en wanbestuur lei tot gedwonge sluiting van munisipale geboue in Ventersdorp
Die gebrek aan instandhouding en wanbestuur van die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), het daartoe gelei dat die departement van arbeid een van die munisipale geboue in Ventersdorp formeel gesluit en onveilig verklaar het. Ε Kennisgewing tot hierdie effek is by die gebou aangebring. Ε Jarelange gebrek aan instandhouding het daartoe gelei dat […]
VF Plus eis dringende ingryping van Noordwes-premier in Ventersdorp se kragkrisis
Die VF Plus het Noordwes se premier, mnr. Bushy Maape, versoek om persoonlik en dringend in te gryp in die voortslepende kragkrisis op Ventersdorp. Dele van die plaaslike boeregemeenskap sit reeds vir 45 dae sonder krag. Hierdie stap volg nadat die VF Plus reeds herhaalde versoeke gerig het aan die munisipale bestuur van die JB […]
VF Plus dien klag in by MRK oor rioolbesoedeling op Ventersdorp
Die VF Plus het gister ‘n formele klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) oor die voortgesette rioolbesoedeling op Ventersdorp. Die klag is ingedien nadat die VF Plus versoek het dat dringende herstelwerk aan die rioolwerke aan die suidekant van Ventersdorp gedoen word. Onverwerkte riool stroom egter steeds […]
VF Plus verwerp aansuiweringsbegroting van JB Marks-munisipaliteit
Die VF Plus het die voorgestelde aansuiweringsbegroting vir die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) teengestaan tydens ‘n raadsvergadering wat op 30 September 2020 plaasgevind het. Die VF Plus was ook die enigste party in die raad wat teen die goedkeuring van die munisipaliteit se jaarlikse begroting in Junie gestem het. Die party se teenstand volg […]
VF Plus stem teen tariefverhogings in JB Marks
Die VF Plus het ten tyde van ‘n raadsvergadering van die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) op 3 Julie 2020, sterk beswaar aangeteken teen tariefverhogings van tot 6% in die munisipaliteit. Die VF Plus is die enigste party wat die verhogings teengestaan het. ‘n Groot aantal huishoudings en ondernemings ervaar reeds haas ongekende finansiële druk weens […]
Noodsaaklike dienste ly onder arbeidsdispuut in JB Marks-munisipaliteit
‘n Voortslepende arbeidsdispuut oor oortydbetaling het tot gevolg dat noodsaaklike dienste weereens onderbreek is deur stakende werknemers wat glo werksaam is by die tegniese afdeling van die JB Marks-munisipaliteit. Die VF Plus het sedert 8 April 2020 herhaaldelik vrae gerig oor die prosesse wat gevolg is om hierdie dispuut te besleg. Enige onderbreking van noodsaaklike […]
VF Plus gryp in by ineenstorting van kragnetwerk op Ventersdorp
Die VF Plus se ingryping het direk daartoe gelei dat daadwerklik opgetree is om die skade te herstel aan die kragnetwerk in die gebied van die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) wat veroorsaak is deur ‘n hewige storm verlede maand. Die effek van die stormskade op die erg verwaarloosde krag-infrastruktuur was omvangryk en veral die […]
JB Marks: Elandsheuvel-projek in Potchefstroom eintlik ‘n dal vol uitdagings
Ongerymdhede omring nóg ‘n voorgestelde behuisingsprojek, die Elandsheuvel-projek, wat die JB Marks-munisipaliteit wil laat goedkeur sonder dat enige bewys van ‘n ontwikkelingsplan, impakstudie of bewys van publieke deelname beskikbaar gestel is. Die VF Plus was die enigste party wat hierdie, en twee ander soortgelyke projekte teengestaan het. Die meerderheid in die raad het die ondeurdagte […]
VF Plus vra vir ‘n forensiese oudit van JB Marks-plaaslike munisipaliteit
Om die JB Marks-plaaslike munisipaliteit onder administrasie te plaas, is nie die oplossing vir die dorpe wat dit bedien, Potchefstroom en Ventersdorp, se probleme nie. Die VF Plus het al herhaaldelik aangedring op ‘n forensiese oudit van die dorp se finansies. Die oudit is nodig sodat ongerymdhede nie onder die mat ingevee kan word nie, […]
JB Marks-ontwikkeling: ANC moet eers rioolprobleem aanspreek
Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Ventersdorp, Potchefstroom) moet eers sy voortslepende rioolprobleem aanspreek voordat die beplande N14-ontwikkelingsprojek oorweeg kan word. Die VF Plus sal in die raad vrae stel om uit te vind of ‘n behoorlike impakstudie vir die projek op Ventersdorp gedoen is en wat die bevinding van die studie was. Die munisipaliteit sal ook […]