fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe politieke landskap moet gebruik word om land se gesondheidsdienste reg te dokter

(Begrotingsdebat in parlement: Gesondheid) Suid-Afrika se nuwe politieke landskap bied aan die VF Plus die geleentheid om deur sy deelname aan die regering van nasionale eenheid (RNE) aktief ʼn rol te speel om Suid-Afrika se probleme reg te dokter; een hiervan die land se gesondheidsdienste wat totaal ineengestort het. Veranderinge sal aangebring moet word in […]

Menseregte vergrype en gruwels in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel

Die VF Plus het ʼn verslag van sowat 500 bladsye saamgestel oor honderde klagtes wat vanaf Julie 2022 tot Augustus vanjaar ontvang is waarin die name van 93 openbare gesondheidsinstellings genoem word. Die verslag is by die menseregtekommissie (MRK) ingedien vir ondersoek. Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is moontlik ongrondwetlik en gaan jou ontneem van jou […]

ANC kan nie vertrou word met blanko tjek oor medisyne-agentskap vir Afrika-Unie

(Parlementsdebat: Oorweging van versoek om goedkeuring deur parlement van verdrag vir die stigting van Afrika Medisyne-agentskap (AMA)) Die ANC-regering kan nie vertrou word met ʼn blanko tjek van die land se belastingbetalersgeld oor die stigting van ʼn medisyne-agentskap vir die Afrika-Unie nie. Die doel van die verdrag is om seker te maak dat alle mense […]

Regulasie word oortree met 4 045 onopgeëiste lyke by staatslykshuise

Daar is tans weens verskeie redes 4 045 onopgeëiste lyke by staatslykshuise in Suid-Afrika wat ’n oortreding van die betrokke gesondheidsregulasie skep én ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak. Die VF Plus het dit vasgestel met ’n parlementêre vraag aan die minister van gesondheid, Joe Phaahla. Die getal per provinsie is: • KwaZulu-Natal : 1 509• Gauteng : […]

VF Plus dring aan op instandhoudingsprogram van staat se geboue

Die VF Plus het vanoggend tydens ʼn sitting van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur daarop aangedring om insae te kry in die departement se instandhoudingsprogram rakende die staat se geboue. Die VF Plus het dit beklemtoon dat voete al vir te lank gesleep word om voldoende instandhouding op die staat se geboue uit […]

VF Plus het sy bedenkinge oor Zikalala se “Operation Bring Back”

Die VF Plus koester bedenkinge oor die minister van openbare werke en infrastruktuur, Sihle Zikalala, se program om geboue terug te neem wat gesteel of onwettig oorgedra en beset word. Volgens die minister sal daar spoedig met ʼn proses begin word om sowat 1 260 geboue van die 29 000 wat in die departement se […]

NGV soos parasiet wat ook land se private gesondheidstelsel gaan vernietig

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ʼn ANC-geskepte parasiet wat eindelik ook die land se private gesondheidsektor gaan vernietig. Gesondheidsorg in Suid-Afrika sal onder volle ANC-beheer in duie stort soos alles in ANC-beheer totdat daar, soos met die huidige openbare gesondheidsektor, niks van oorbly nie. Die waarheid van die NGV is dat dit ʼn politieke foefie […]

VF Plus dien ná aandrang regsmening in oor NGV: Wetsontwerp straks ongrondwetlik

Op aandrang van die VF Plus het politieke partye vandag hul onderskeie regsmening oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingedien en voorgelê aan die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid. In ʼn stemming hieroor het die DA en die EFF die VF Plus se voorbeeld gevolg en die wetsontwerp verwerp. Die IVP en die ANC het dit […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.