fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe vullistrokke danksy volgehoue druk van VF Plus

NΓ‘ maande se volgehoue druk in die portefeuljekomitee vir sosiale- en gemeenskapsdienste kan die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit nou spog met drie nuwe vullistrokke danksy die VF Plus. Die party het toegesien dat fondse vanaf die munisipale infrastruktuur-toekenning geskuif word om die aanskaffing van die trokke moontlik te maak. Gebiede soos Nylstroom, Alma, Vaalwater en Naboomspruit het […]

Boeregemeenskap neem hande om Jasperpad buite Nylstroom te herstel

Die afgelope drie maande se ongewone reënval in die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit het die boeregemeenskap van Jasper genoop om hande te vat om ‘n belangrike pad in dié omgewing te herstel. Sedert Desember 2022 is die grondpad (D1324) vanaf die R101 van Mookgopong (Naboomspruit) na Modimolle (Nylstroom) via die Jasperpad verby Kranskop onbegaanbaar weens hewig reën, […]

Herlewing van reΓ«ls- en etiekkomitee in Modimolle/Mookgophong ‘n stap in die regte rigting

Die onlangse herlewing van die reëls- en etiekkomitee in die Modimolle/Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Alma, Vaalwater, Naboomspruit, Roedtan) is ’n stap in die regte rigting. Die komitee bestaan reeds baie jare, maar het nog nooit behoorlik gefunksioneer nie. Op 7 September het die komitee ‘n vergadering gehou onder voorsitterskap van mnr. Phaswana Manaka, en was daar […]

Water loop weer op Vaalwater danksy VF Plus se ingryping

Danksy die ingryping van die VF Plus is daar weer water in Vaalwater se krane. Die VF Plus het onmiddellik gereageer nadat ‘n inwoner van Vaalwater verlede Vrydag die party om hulp genader het oor dié dorp se waterkrisis. Daar is onmiddellik geskakel met die Modimolle/Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Alma, Vaalwater) se verteenwoordiger op Vaalwater, […]

Vaalwater kan krane weer oopdraai danksy vinnige optrede van VF Plus

Danksy die vinnige optrede van die VF Plus kan inwoners van Vaalwater vandag weer hul krane oopdraai ná die herstel van ‘n ernstige waterlekkasie by die Leeudrift Laerskool. ‘n Vaalwater-inwoner het die VF Plus gekontak oor die lekkasie wat inwoners vir dae sonder water gelaat het. Die VF Plus het die lekkasie dadelik gerapporteer aan […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.