VF Plus verwelkom Sweedse afvaardiging in Potchefstroom

Die VF Plus in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) het Woensdag ʼn Sweedse afvaardiging van munisipale raadslede in Potchefstroom by die party se kantoor ontvang. Die afvaardiging is afkomstig van die stad Växjö in Swede. Hulle besoek aan Potchefstroom is deel van ʼn Sweeds-befondsde program van samewerking tussen die JB Marks en Växjö-munisipaliteite. […]
VF Plus eis ferm optrede teen “tenderpreneurs” wat dienslewering in JB Marks ontwrig

Die VF Plus het in ʼn skrywe aan die speaker in die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), me. Moithoesi Dassie, ʼn volledige verslag aangevra na die optrede van die munisipale bestuur teen ʼn groep “tenderpreneurs” wat vullisverwyderingsdienste die afgelope twee weke ontwrig het. Die groep, wat hulself die “Business Consortium” noem, het onder […]
VF Plus eis provinsiale ingryping met onreëlmatige aanstelling van munisipale bestuurder in JB Marks
Die VF Plus in die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), dring aan op ingryping van die provinsiale regering in die onreëlmatige aanstelling van ʼn nuwe munisipale bestuurder in dié munisipaliteit. Die party het ʼn dringende skrywe hieroor gerig aan Noordwes se LUR vir samewerkende regering, behuising en tradisionele sake (Coghsta), Nono Maloyi. Dit […]
Myngroep hou gemeenskapsvergadering oor Palmietfontein-prospektering ná beswaar van VF Plus
Kerosam Investments, die myngroep wat van voorneme is om vir diamante, goud, silwer en koper by Palmietfontein tussen Potchefstroom en Ventersdorp te myn, het ingestem tot ʼn gemeenskapsvergadering op 9 Junie in Ventersdorp, nadat die VF Plus in April as ʼn party van belang geregistreer het teen prospektering in die gebied. Die VF Plus het […]
Voorgenome myn-prospektering by Ventersdorp bedreig landbou
Die VF Plus het vandag as ‘n party van belang geregistreer om beswaar aan te teken teen die voorgenome mynboubedrywighede van Kerosam Investments op landbougrond oos van Ventersdorp. Die maatskappy het ‘n aansoek om prospekteerregte gebring met die oog op die myn van onder meer diamante, goud, silwer en koper in die gebied. Intensiewe verbouing […]
Onwettige grondbesetters in Mooibank by Potchefstroom verskuif
Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit het die VF Plus verseker dat die onwettige grondbesetters in Mooibank by Potchefstroom verskuif sal word. Die proses van verskuiwing van die grondbesetters behoort reeds vandag ‘n aanvang te neem. Die verskuiwing volg nadat ‘n groep mense op 12 Januarie 2021 landbougrond van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming beset […]
VF Plus eis dringende antwoorde van JB Marks-munisipaliteit oor onwettige grondbesetters
Die VF Plus het vandag in ‘n skrywe dringende antwoorde oor die verskuiwing van die onwettige grondbesetters by Mooibank net buite Potchefstroom van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit se burgemeester, Gaba Ka Qhele, geëis. Dit volg nadat die ANC-beheerde JB Marks-munisipaliteit gister tydens ‘n raadsvergadering ‘n voorstel aanvaar het dat die grondbesetters na Klipdrift, sowat 20km […]
JB Marks se ANC-leierskap en amptenare loop risiko van regsaksie weens laksheid met hervestiging van onwettige grondbesetters
Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit en sy ANC-bestuurders stel hulself bloot aan regsaksies weens hul onverskillige hantering van hofbevele oor onwettige grondbesetters by Potchefstroom. Die VF Plus het in ‘n dringende skrywe aan die ANC-burgemeester, Gaba Ka Qhele, en die speaker in die munisipale raad, Moithoesi Dassie, daarop gewys dat die munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp […]
VF Plus is tevrede met hofuitspraak vir uitsetting van onwettige grondbesetters in Potchefstroom
Die VF Plus is tevrede dat die reg sy verloop geneem het met die bevel in die Mahikeng-hooggeregshof vandag dat die departement van landbou moet toesien dat die onwettige grondbesetters by Mooibank buite Potchefstroom teen 31 Januarie 2023 uit die gebied verwyder moet word. Hierdie bevel volg nadat ‘n aansoek by die hof ingedien is […]
Optrede stuur sterk boodskap dat onwettige stakings nie langer geduld sal word nie
’n Besluit van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) om op te tree teen 118 stakers, stuur ’n sterk boodskap dat onwettige stakings nie langer geduld sal word nie. Die persone het deelgeneem aan ’n onwettige staking van 19 tot 22 September (verlede maand) en veral vullisdienste is in die proses ontwrig. Die munisipaliteit […]