Tshwane-metro stel sekuriteitswagte aan by tehuis vir bejaardes ná druk van VF Plus
Die Tshwane-metro het na volgehoue druk van die VF Plus sekuriteitswagte aangestel by die Oos-Moot-tehuis vir bejaardes in Villieria. Die wagte sal dag en nag ʼn wakende oog oor die perseel hou. Drie motors is onlangs by die tehuis gesteel en ʼn tagtigjarige inwoner is op 17 November van juwele beroof nadat mense hulle as […]
Tshwane-metro gaan toeslaan op mense wat aan voorafbetaalde meters peuter
Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het sy steun gegee vir ʼn voorstel dat amptenare huishoudings met voorafbetaalde water- en kragmeters besoek om vas te stel of daarmee gepeuter word. Luidens ʼn verslag wat voor die raad gedien het, ly die metro enorme finansiële verliese weens inwoners wat voorafbetaalde meters oorbrug en meer elektrisiteit en […]
VF Plus en studente help spruit skoonmaak in Rietfontein
VF Plus-raadslede en party-ondersteuners het die afgelope naweek ’n groot opruimingsaksie langs die spruit in Agtiende Laan in Rietfontein geloods. Amptenare van die Tshwane-metro, die Koreaanse Asez Woa-studentegroep en studente van die Universiteit van Johannesburg en die Tshwane-universiteit vir tegnologie was ook deel van die skoonmaakaksie. Die Asez Woa-studentegroep wat in 175 lande oor die […]
Vlugtelinge voor VN-kantore in Pretoria moontlik verantwoordelik vir besoedeling van Rietfonteinspruit en Colbyn-vleiland
Die onwettige vlugtelinge wat hulle tans voor die kantore van die Verenigde Nasies (VN) se hoë kommissaris vir vlugtelinge in Brooklyn tuismaak, is moontlik die oorsaak van onverwerkte riool wat in die Colbyn-vleiland en die Rietfonteinspruit in Pretoria beland. Daar is geen sanitêre geriewe vir die vlugtelinge nie en daarom maak hulle gebruik van die […]
VF Plus help om verkeersprobleme by Prospectus Novus-skool in Mayville, Pretoria op te los
Die VF Plus se Veilige Verkeersbestuur-aksie het hierdie week uitgebrei na Prospectus Novus, ‘n leergestremde skool in Mayville, Pretoria, waar die party gesorg het dat verskeie padtekens aangebring word. Die Pospectus Novus-skool huisves sowat 250 leerders met ‘n verskeidenheid leerprobleme. Die Tshwane-metro het reeds padtekens op die padoppervlak aangebring en die volgende verkeerstekens sal bykomend […]
Verkeer by skole steeds ‘n prioriteit vir VF Plus in Tshwane-metro
Die VF Plus is steeds aktief besig met sy projek om te sorg dat veilige verkeersbestuur rondom skole in die Tshwane-metro toegepas word. Die VF Plus kry gereeld klagtes van bekommerde gemeenskapslede en ouers oor die groeiende en gevaarlike verkeersvloei by skole in die metro. Die toenemende verkeer speel ook ‘n ontwrigtende rol vir inwoners […]
VF Plus help om verkeersprobleme in Eloffsdal op te los
Die VF Plus se voortgesette pogings om die verkeersprobleme by die Franzinastraat-kruising en in aangrensende strate in Eloffsdal in Pretoria op te los, is besig om vrugte af te werp. Die Tshwane-metro het aan die VF Plus bevestig dat ‘n glybaan oorweeg word om die verkeersvloei te verbeter. Die VF Plus is maande lank reeds […]