fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien voorstelle in om brulpadda-bevolking in Heidelberg te beskerm

Die VF Plus in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Vischkuil) het verskeie voorstelle aan die departement van ontwikkeling en beplanning gedoen om te help om die bedreigde brulpadda-bevolking van Heidelberg te help beskerm. Inwoners van Heidelberg is gekant teen Ε‰ industriΓ«le en kommersiΓ«le ontwikkeling in uitbreiding 24 weens vrese dat dit kan lei tot die […]

Heidelberg drie weke sonder water

Rand Water se onvermoë om die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) van genoeg water te voorsien, is onaanvaarbaar. Die VF Plus het reeds Gauteng se wetgewerkomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gevra om in te gryp. Groot dele van Heidelberg, Bergsig, Overkruin, Ratanda, die middedorp en Rensburg, word die afgelope drie weke […]

Lesedi-munisipaliteit boer vinnig agteruit

Die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) se jaarverslag skets ‘n donker prentjie van ‘n munisipaliteit wat besig is om vinnig agteruit te boer. Die algemene jaarverslag wat tydens ‘n raadsvergadering voorgelê is, lewer ‘n in-diepte verslag van die benarde finansiële situasie waarin Lesedi hom tans bevind. Die VF Plus is veral bekommerd oor die […]

Lesedi-munisipaliteit skuld Eskom R112 miljoen

Die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) se uitstaande skuld aan Eskom wat R112 miljoen beloop, kan deels toegeskryf word aan inwoners se nie-betaling van hul kragrekeninge en die ANC se swak bestuur van die munisipaliteit. Lesedi, wat nog altyd sy Eskom-rekening getrou betaal het, het in Julie vanjaar begin om net ‘n gedeelte van […]

Politieke groep (SEFM) hou inwoners en Lesedi-munisipaliteit gyselaar met onwettige optrede

Dit is onaanvaarbaar dat die Specialist Economic Freedom Movement (SEFM) met sy onwettige optrede dienslewering in die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) ontwrig weens die ANC se beweerde belofte van die aanstelling van SEFM-lede in die munisipaliteit en die toeken van tenders vir steun. Die SEFM het Woensdag die munisipale kantore in Heidelberg beset, […]

VF Plus betuig medelye na bejaarde vrou glo weens gifgas in Heidelberg sterf

Die VF Plus in Heidelberg betuig hiermee se medelye met die familie van mev. Cilla Baleta wat deur gifgasse in haar huis oorval is wat vermoedelik deur ‘n kragopwekker veroorsaak is. Die oorledene en haar man, mnr. George Baleta, het saam in die Suikerbosoord-diensentrum gewoon. Mnr. Baleta is in ‘n ernstige toestand in ‘n plaaslike […]

Voorgestelde steenkoolmyn in Heidelberg kan groot skade aan huise, natuurreservaat en historiese begraafplaas aanrig

Die VF Plus het tydens die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) se jongste raadsvergadering, sy teenkanting uitgespreek teen die aansoek van ‘n mynhuis vir die ontwikkeling van ‘n steenkoolmyn in Heidelberg (Gauteng). Die ontwikkeling van ‘n steenkoolmyn in dié gebied hou omvattende gevolge in vir die omgewing, inwoners en infrastruktuur. Prospektering sal ‘n negatiewe […]

Bloemendal-steenkoolmyn: mense kan nou appelleer

Die VF Plus doen ‘n beroep op die Nigel-gemeenskap om voor 9 Desember vanjaar ‘n appèl-aansoek teen die oprigting van ‘n oopgroef-steenkoolmyn te ondersteun. Skrywes kan aan die departement van mineralebronne gerig word en moet hulle voor 9 Desember bereik. Die departement het ondanks die teenkanting van boere en omgewingskundiges, die geïntegreerde omgewingsplan vir die […]

VF Plus aanvaar Lesedi se finansiΓ«le jaarverslag in beginsel

Die VF Plus het die jongste finansiële jaarverslag van Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) in beginsel aanvaar, onderhewig aan die implementering van die Ouditeur-Generaal se 2018/2019-begrotingsverslag. Lesedi se 2017/2018-begrotingsjaar was ‘n mengelmoes waarvan slegs ‘n paar doelwitte bereik is, minimale verbetering in basiese dienslewering en ook sommige projekte wat in geheel misluk het en […]

Oud finansiΓ«le hoof moet dalk geld terugbetaal oor oneerlikheid

Die VF Plus verwelkom die aanbeveling van ‘n forensiese maatskappy dat mnr. Paul Mpele, gewese finansiële hoof van die Lesedi-munisipaliteit (Heidelberg, Nigel, Devon, Vischkuil), sy salaris van R1,2 miljoen per jaar sedert 2016 moet terugbetaal omdat hy oor sy kwalifikasies gejok het. Die VF Plus het reeds op 12 Januarie 2016, gedurende ‘n spesiale raadsvergadering, […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.