fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-nalatigheid laat inwoners van Welkom sonder water

Inwoners van Welkom is sedert Sondagaand vir die soveelste keer die afgelope jaar sonder water omdat een of ander amptenaar nie die nodige waterklep oopgedraai het nie. Ontevrede inwoners van die Matjhabeng-plaaslike-munisipaliteit wat al sedert verlede jaar gereelde slagoffers van sporadiese watertekorte en beurtwater is, moet nou ook klaarkom sonder water as gevolg van onbevoegdheid. […]

Matjhabeng: Skuldeisers lΓͺ beslag op R41 miljoen se voertuie

Die balju het die afgelope week op R41 miljoen se munisipale voertuie van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) beslag gelΓͺ weens uitstaande skuld aan diensverskaffers. DiΓ© 24 diensleweringsvoertuie sluit onder meer vulliskompakteerders, bakkies en laaigrawe in. Hierdie is net nog Ε‰ spyker in die doodskis van Matjhabeng wat dienslewering betref. Die […]

R35.5 miljoen se skade in Matjhabeng aangerig weens kabeldiefstal

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) het die afgelope boekjaar sowat R35.5 miljoen skade gely weens kabeldiefstal en vandalisme. Die VF Plus ontvang daagliks klagtes oor kragonderbrekings wat buite geskeduleerde beurtkragtye plaasvind. By nadere ondersoek is vasgestel dat vandalisme, diefstal, swak en vervalle infrastruktuur en Ε‰ gebrek aan toerusting die rede vir […]

Matjhabeng se OG-verslag bewys ANC se leΓ« beloftes

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit se finansiële state vir die 2021/2022-boekjaar, het bloot bevestig dat die ANC nie daartoe in staat is om die munisipaliteit te regeer nie. Die munisipaliteit onder leiding van die ANC-burgemeester, mnr. David Khalipha, bedien Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom en het ‘n tekort van […]

Matjhabeng erken gebrek aan brandweerdienste

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) het erken dat hy nie aan die nasionale standaarde vir brandweerdienste voldoen nie. In antwoord op ‘n vraag van die VF Plus in die munisipale raad, het die munisipale bestuurder, mnr. Zingisa Tindleni, bevestig dat Welkom, volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) vir gemeenskapsveiligheid teen brande, […]

Brand vernietig bekende onderneming in Welkom weens ontoereikende brandbestryding

Die VF Plus veroordeel die jongste voorval waarin ‘n bekende Welkomse onderneming Woodmasters afgebrand het weens die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se onvoldoende brandweertoerusting. Dié brand het Dinsdagmiddag uitgebreek. Na bewering is vyf brandweermanne met ‘n bakkie en ‘n brandslang by die toneel afgelaai. Inwoners en sake-eienaars het self ingespring om […]

Matjhabeng: VF Plus stem teen onrealistiese en ontoereikende begroting

Die VF Plus het teen die ontoereikende begroting van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) gestem. Terwyl tariewe en belastings buitensporig verhoog, is dié begroting in werklikheid onbefonds. Die lae invorderingskoers gaan tot 'n tekort lei en menige van die uitgawes waarvoor begroot is, is onnodig. Die inwoners van Matjhabeng ly weens […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.