Jackaroo Park Mynbou-aktiwiteite
Jackaroo Park het jou handtekening nodig om die voorgenome mynbou-aktiwiteite naby ons woonbuurt stop te sit. Bemagtig jouself en beskerm jou regte β TEKEN DIE PETISIE! Ek, die ondergetekende inwoner van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit, is gekant teen die nuwe voorgestelde mynwerf op die Gedeelte 25 van die plaas Blesboklaagte Gedeelte 296 JS. Die nabyheid van […]
Moontlike mynverwante sinkgat in Witbank vererger, maar regering trek skouers op
Etlike maande nadat die VF Plus 'n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien het aangaande 'n mynverwante sinkgat in Witbank, is daar nog geen terugvoer of oplossing nie. Intussen vrees inwoners van Jacaroo Park in Witbank in die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank) daagliks vir hul lewe. Nuwe krake in plaveisel en […]
VF Plus dien beswaar in oor afsaag van inheemse bome in Witbank
Die VF Plus het na klagtes van besorgde inwoners van Witbank/Emalahleni oor die afsaag van inheemse Apiesdoringbome, amptelik beswaar ingedien by die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank). Verskeie Apiesdoringbome is verlede week in Jackaroopark afgesaag. Die VF Plus kon by die plaaslike parkeraad vasstel dat geen permit vir die afsaag vir die bome uitgereik […]
VF Plus vra MRK om vas te stel wie verantwoordelik is vir rehabilitasie van sinkgat by huis in Witbank
Die VF Plus het die menseregtekommissie (MRK) gevra om die oorsake te laat ondersoek wat gelei het tot die vorming van ‘n sinkgat in die erf van ‘n huis in Emalahleni/Witbank nadat nie die myn of die munisipaliteit verantwoordelikheid vir die rehabilitasie daarvan wil neem nie. Die nasionale departement van minerale hulpbronne en energie het […]