fbpx
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje: VF Plus verwelkom inisiatiewe om munisipale skuld in te vorder

Die VF Plus verwelkom me. Lydia Mahloko, hoof finansiële beampte van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie) se aankondiging van ‘n finansiële program vir die invordering van lang uitstaande debiteureskuld. Me. Lydia Mahloko se skorsing van drie jaar is onlangs deur die munisipaliteit opgehef na die hof ‘n Artikel 106-verslag waarin sy van wanadministrasie beskuldig […]

VF Plus het steeds vrae na twee amptenare van Sol Plaatje se skorsing opgehef is

Die VF Plus het steeds vrae nadat die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en Ritchie) die skorsing van sy munisipale bestuurder, mnr. Goolam Akharwaray, en hoof-finansiële beampte, me. Lydia Mahloko, na drie jaar opgehef het. Beide amptenare het opdrag gekry om op 23 Augustus 2021 met hulle werk voort te gaan. Hierdie besluit volg ná drie […]

Sol Plaatje se openbare deelname proses gebrekkig met behuisingsontwikkeling in Southridge

Die VF Plus het weens ‘n gebrekkige openbare deelnameproses en die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en Ritchie) se haglike finansiële situasie, teen ‘n beoogde ontwikkeling in en om die Kimberleyse woonbuurt Southridge gestem. Dié gesubsidieerde laekoste-behuisingsplan in die oop ruimtes by Southridge is deel van die munisipaliteit se finansieel-gekoppelde individuele subsidieprogram (Finance Linked Individual Subsidy […]

Sol Plaatje-begroting: Openbare deelnameproses steeds geïgnoreer

  Die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omgewing) poog tans om die munisipale begroting deur die raad te voer sonder dat die wetlik vereiste openbare deelnameproses gevolg is. Die hoof-finansiële beampte is verantwoordelik vir die begroting sowel as vir skakeling met die gemeenskap. Die munisipaliteit beweer dat mnr. Kenneth Samolapo, wat in die pos waarneem, […]

Destabiliserende omstandighede by Sol Plaatje-munisipaliteit lei tot onwettige optrede – ironies genoeg met “Vryheidsdag”

Kimberley word tans weereens deur ontwrigtende en vernietigende diensleweringsbetogings geteister. Dit is die gevolg van diensleweringsprobleme wat deur verskeie raadslede van regoor die politieke spektrum beskryf word as 'n interne magspel gekenmerk deur sabotasie. Dit het daartoe gelei dat die raad oor die afgelope twee maande verskeie wette en bepalings oortree het. Gereelde rapportering van […]

Drie sake wat burgemeester van Sol Plaatje nie in sy begrotingsrede aangespreek het nie

Die VF Plus het in sy reaksie op die burgemeester van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie), mnr. Patrick Mabilo, se begrotingsrede vir die 2021/22-finansiële jaar drie groot probleme uitgewys wat hy nie in sy begroting behandel het nie. 1. Die dreigende krisis op die Barkly-Wes-hoofpad wat deur rioolstorting veroorsaak word.Rou rioolwater is opgedam by […]

Is Kimberley se water al so vuil dat visse straat toe vlug?

Almal soek antwoorde oor die visse in Kimberley se strate. Vir die VF Plus sou dit nie vergesog klink indien die rede die stad se vuil water was waarvan die visse probeer ontvlug nie. Die munisipale bestuurder van die Sol Plaatjie-plaaslike munisipaliteit, Boy Dluwayo, pak op sy beurt die skuld op klimaatsverandering. Volgens Dluwayo kan […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.