fbpx
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje-waterkrisis: VF Plus se volgehoue druk begin vrug afwerp

Die VF Plus se aanhoudende druk oor Kimberley se waterkrisis begin vrug afwerp. Kimberley in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (ook Modderrivier en Ritchie) gaan die afgelope tyd gebuk onder erge wateronderbrekings en die VF Plus het ingegryp om die probleem op te los. Tydens ʼn vergadering tussen die VF Plus, die munisipale bestuurder, mnr. Thapelo […]

Kimberley: Baie water, maar min om te drink

Kimberliete sal aanklank vind by “The Rime of the Ancient Mariner” waar Samuel Coleridge se desperate seevaarder sê oral om hom is water, maar nie ‘n druppel is drinkbaar nie. In Kimberley se geval vloei die Vaalrivier noord en wes van die stad en die Rietrivier suid daarvan. Nogtans word voortdurende watertekorte in die stad […]

Sol Plaatje: Southridge se verlaagde eiendomswaarde nou ʼn werklikheid

Southridge, ʼn woonbuurt van Kimberley in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) se verlaagde eiendomswaarde het ‘n werklikheid geword. Tydens ʼn spesiale raadsitting op Donderdag 21 September, is daar gestem om ʼn groot deel van die Southridge-woongebied teen afslagpryse aan die Phomolong 109-groep te verkoop. Phomolong 109 is ʼn groep inwoners wat hulself […]

Sol Plaatje-raad word mislei oor grond in Southridge – verlaagde eiendomswaardes sal volg

’n Gesamentlike vergadering van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit se menslike nedersettingskomitee en Spelum (die komitee vir ruimtelike ontwikkeling en beplanning) is tydens die Julie-vergadering ingelig dat leë erwe in Southridge teen groot afslag aan die Phomolong 109-groep verkoop gaan word. Die munisipaliteit se hoof stadsbeplanner, mnr. Ngoako Modiba, het aan die komitees verklaar dat dié […]

Sol Plaatje: Verbruikers sal voortaan hulle kragverbruik moet bestuur

Elektrisiteitsverbruikers in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier, Richie, Riverton) sal voortaan hul kragverbruik moet bestuur om verhoogde kostes te vermy. Die nuwe kragtariefstruktuur tree op 1 Julie 2023 in werking. Sol Plaatje sukkel sedert 2018 om ʼn struktuur in werking te stel wat aan munisipale wetgewing voldoen. Die kans bestaan dat Sol Plaatje se […]

Sol Plaatje: VF Plus verhoed onreg aan gemeenskap

Die VF Plus en ander opposisiepartye het vandag uit ‘n raadsitting van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit gestap nadat die ANC die De Beers-stadion onregmatig aan ‘n farmaseutiese maatskappy wou verhuur. Dié optrede het daartoe gelei dat die ANC nie ‘n kworum kon vorm om die besluit deur die raad te druk nie. Die VF Plus […]

VF Plus maak voorstelle om Sol Plaatje-munisipaliteit se uitstaande debiteure in te vorder

Die VF Plus het beter oplossings voorgestel vir die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit se pogings om sy lank uitstaande rekeninge in te vorder. Die munisipaliteit begin op 8 Augustus met ‘n rollende opskorting van krag- en watervoorsiening vir rekeninge wat negentig dae of langer uitstaande is. Volgens beplanning word elke woongebied elke drie maande vir hierdie […]

VF Plus verwerp Sol Plaatje-begroting

Die VF Plus verwerp die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier, Ritchie) se begroting vir 2022/23. Die ANC het egter sy skrale meerderheid gebruik om dit deur te druk. Die VF Plus het telkens leemtes in die begroting uitgewys tydens openbare vergaderings in die aanloop tot die finale ter tafellegging van die begroting. Hierdie leemtes sluit […]

Sol Plaatje se konsepbegroting vir 2022/23 het min simpatie met inwoners

Die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Richie) wat gister sy konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar ter tafel gelê het, betoon min simpatie met sukkelende huishoudings en ondernemings met die aankondiging van verhoogde tariewe vir elektrisiteit, vullisverwydering, sanitasie en water. Die voorgestelde tariefverhogings is soos volg: Eiendomsbelasting: 6,82 %Elektrisiteit: 6,84%Water: 5,86%Sanitasie: 4%Vullisverwydering: 4% Die VF Plus is […]

Sol Plaatje se benarde finansies – tyd vir drastiese optrede

Drastiese optrede is nodig om ‘n finansiële krisis in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Richie) af te weer. Met die ter tafellegging van die Sol Plaatje-munisipaliteit se aansuiweringsbegroting, het 'n aantal wesenlike vrae na vore gekom. Dit handel oor die R500 miljoen wat die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, vir die herstel van Kimberley se […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.