VF Plus verwelkom MRK se voorgenome regsaksie teen Ngaka Modiri-distriksmunisipaliteit oor rioolbesoedeling
Die menseregtekommissie (MRK) se voorgenome regsaksie teen die ANC-beheerde Ngaka Modiri-distriksmunisipaliteit oor sy versuim om die rioolbesoedeling van die Maricorivier te voorkom, word verwelkom. Die MRK het aan die VF Plus bevestig dat ‘n finale aanmaning aan die munisipaliteit gestuur is om teen 3 Mei ‘n volledige herstelplan van die rioolwerke by Groot Marico, met […]
VF Plus maak kapsie teen Noordwes-LUR se aanstelling van waarnemende munisipale bestuurder in Ramotshere Moiloa
Die VF Plus het vandag tydens ‘n raadsvergadering van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit, wat Zeerust en Groot Marico bedien, sterk kapsie gemaak teen die aanstelling van Ramokatane Mogale as waarnemende munisipale bestuurder. Mogale se aanstelling is vandag deur die munisipale raad bekragtig in opdrag van Lenah Miga, Noordwes se LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake […]
VF Plus verwerp voorgestelde begroting in Ramotshere Moiloa-munisipaliteit
Die VF Plus het vandag sterk standpunt ingeneem teen die aanvaarding van die jaarlikse begroting in die munisipale raad van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit wat Zeerust en Groot-Marico bedien. Die begroting maak onder meer voorsiening vir ‘n styging van tot 13,59% in munisipale tariewe. Dit is onaanvaarbaar dat getroue belastingbetalers wat reeds ‘n groot deel […]
VF Plus dien klag in by Groen Skerpioene teen Ngaka Modiri-distriksmunisipaliteit oor rioolbesoedeling van Maricorivier
Die VF Plus in die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit (Groot Marico, Zeerust) het ‘n klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die oorkoepelende Ngaka Modiri-distriksmunisipaliteit weens die rioolbesoedeling van die Maricorivier. Die besoedeling word veroorsaak deur die nalatigheid van dié munisipaliteit. Die party sal ook ‘n klag hieroor by die menseregtekommissie (MRK) indien. Die rioolwerke by […]
Zeerust en Groot Marico beleef perfekte storm met inploffing van munisipale dienste
Inwoners van Zeerust en Groot Marico beleef tans 'n perfekte storm van 'n ineenploffing van munisipale dienste wat veroorsaak is deur jarelange wanbestuur in die ANC-beheerde munisipaliteit. Die VF Plus het al talle beroepe op die owerhede gedoen om te verseker dat die munisipaliteit onder professionele bestuur geplaas word. In die afgelope week moes inwoners […]
VF Plus verwelkom skorsing van munisipale bestuurder van Zeerust
Die VF Plus verwelkom die skorsing van die munisipale bestuurder van die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit (Groot Marico, Zeerust), Ditshaba Makhate, vir ‘n tydperk van drie maande. Tydens ‘n spesiale raadsvergadering vandag, het die raad besluit om Makhate te skors hangende 'n ondersoek na sy prestasie en werksaamhede. Die ondersoek sal gedoen word deur 'n onafhanklike regsfirma. […]
VF Plus in Zeerust eis optrede teen βafwesigeβΒ munisipale bestuurder
Die VF Plus in Zeerust het op 30 Junie 2020 'n formele versoek aan die speaker van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit (Groot Marico, Zeerust) gerig vir 'n dringende ondersoek en gepaste dissiplinêre optrede teen die munisipale bestuurder, Ditshaba Makhate. Hierdie stap volg op sy skynbare weiering om op enige klagte van raadslede te reageer, of […]
Zeerust-inwoners ontsteld oor βvrotβΒ water
Die VF Plus is sedert Donderdag oorval met klagtes van inwoners van ‘n gedeelte van Zeerust oor ‘n ondraaglike stank in hul drinkwater. Die munisipaliteit het eers vanmiddag (19 Junie) aandag aan die probleem gegee na herhaalde versoeke van die VF Plus aan die munisipale bestuurder, Ditshaba Makhate. Die watertoevoer vanuit die reservoir is gesny […]
VF Plus stem teen begroting van Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit
Die VF Plus het teen die begroting van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit (Groot Marico en Zeerust) gestem aangesien dit nie die belangrikste kwessies wat die gemeenskap raak, soos dienslewering, takel nie. Lekkende rioolpype en slegte paaie word bloot geïgnoreer ten spyte van die gemeenskap se klagtes en daar is geen verbetering in dienslewering van wyke […]
Vrae oor fout met kragtariewe in Zeerust in Groot-Marico
Die VF Plus het die waarnemende munisipale bestuurder van die Ramotshere Moiloa -plaaslike munisipaliteit (Groot Marico, Zeerust), adv. Godfrey Selebogo, amptelik versoek om in die raad antwoorde te verskaf oor moontlike foute op elektrisiteitstariewe. Dit wil voorkom of inwoners weens die fout 10 sent per eenheid meer betaal as wat deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) […]