Mpumalanga-regering het nie erns om geweld in Middelburg werklik te bestry
Gewelddadige betogings is steeds aan die orde van die dag in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) terwyl die regering van Mpumalanga hom daarteen blind staar. Ten spyte van vele vrugtelose versoeke van die VF Plus aan die regering om in te gryp, het dit nou tot die verlies aan menselewens gelei. […]
Munisipale staking in Middelburg raak krisis
Die staking van werknemers van die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil), het nou krisisafmetings aangeneem. Die geweld, intimidasie, eiendomsbeskadiging en sabotasie wat met die staking in Middelburg gepaardgaan, strook nie met ‘n wettige, beskermde staking nie. Munisipale personeel wat wel opdaag vir diens word deur gewapende stakers verhinder om deur die personeelhekke […]