Tweeling reeds vyf dae sonder water
Die inwoners van Tweeling in die Vrystaat sit reeds vir vyf dae sonder ‘n druppel water in hul krane weens ‘n stukkende munisipale waterpomp. Die Mafube-plaaslike munisipaliteit, wat Tweeling, Frankfort, Villiers en Cornelia bedien, versuim bloot om die diensverskaffer wat die pomp moet versien, se uitstaande rekening te betaal. Volgens mnr. Thomas Mkhaza van die […]
Mafube: Ongerymdhede met pensioenaftrekkings verhoog salarisrekening
Die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia) betaal vol salarisse aan 48 afgetrede werknemers wat geen werk vir die munisipaliteit verrig nie. Dié werknemers het reeds aftree-ouderdom bereik, maar kan nie aftree nie omdat die munisipaliteit vir menige jare nie hul pensioenaftrekkings aan die betrokke fondse oorbetaal het nie. Dié munisipaliteit skuld die pensioenfondse […]