VF Plus gryp dringend in nadat waterpyp in Birchleigh bars
Die VF Plus in Kemptonpark moes Maandag dringend ingryp nadat ʼn gebarste waterpyp in Birchleigh veroorsaak het dat strome water in Lindequelaan afvloei en ʼn reuse gat in die sypaadjie veroorsaak. Die waterpyp het twee dae gelede gebars en is vandag herstel ná die aanhoudende druk van die VF Plus op die Ekurhuleni-metroraad se departement […]
Erge oorstromings in Kemptonpark kon voorkom word
Die erge oorstromings wat die onlangse stortreën in Kemptonpark veroorsaak het, kon voorkom gewees het as die Ekurhuleni-metro gehoor gegee het aan die VF Plus se waarskuwings. Die VF Plus maan die metro al sedert die wintermaande om dreineringsstelsels en stormwaterpype skoon te maak en skoon te hou om padverspoelings te voorkom. Ekurhuleni het die […]
Kabeldiefstal neem toe in Kemptonpark
Die VF Plus is bekommerd oor die toenemende kabel- en elektriese komponente-diefstal in Kemptonpark in die Ekurhuleni-metro. Oor die afgelope maande is ʼn drastiese toename in dié soort misdaad gesien wat ondernemings, huishoudings en openbare infrastruktuur negatief raak. Die VF Plus se eie rekord van klagtes wat ontvang is, dui daarop dat die gevalle van […]
Nalatige werkers laat kragbokse oop in Kemptonpark
Die nalatigheid van werknemers van Kemptonpark se departement van energie om die deure van kragbokse nie te sluit nadat hulle aan die krag gewerk het nie, is ʼn groot bron van kommer. Verskeie inwoners het die VF Plus geskakel en gevra om op te tree. Baie van die kragbokse is op sypaadjies voor huise geleë […]
Stadsbeplanners doen nie genoeg om onwettige bouwerk in Ekurhuleni te stop
Die Ekurhuleni-metroraad se departement vir stadsbeplanning faal inwoners weens die klein getal inspeksies om onwettige bouwerk in die metro te ontmoedig. Die metro het tans 62 bou-inspekteurs in diens wat in die afgelope ses maande 32 000 inspeksies by boupersele uitgevoer het. Dit is vier inspeksies per dag. Net 816 uit die 32 000 inspeksies […]
Plakkers by Glen Marikana verwyder ná druk van VF Plus
Ná volgehoue druk van die VF Plus en die gemeenskap van Kemptonpark, het die polisie uiteindelik vandag ʼn uitsettingsbevel toegepas om onwettige plakkers vanaf Glen Marikana na Putfontein te verskuif. Die VF Plus sou wou sien dat die uitsettingsbevel al ses jaar gelede uitgevoer moes gewees het nadat die Johannesburgse hooggeregshof in die grondeienaar se […]
VF Plus gryp in om krag na skool vir outistiese kinders in Kemptonpark te herstel
Die Ekurhuleni-metro se elektriese departement het ná druk van die VF Plus eindelik die krag na die PAX Mentis Academy, ʼn skool vir gestremde en outistiese kinders in Kemptonpark, herstel. Die skool het die probleem op die eerste dag reeds aangemeld, maar die metro het eers ses dae later daaraan aandag gegee. Omdat outistiese kinders […]
Ekurhuleni-werkers se oortyd moet beter bestuur word
Die elektrisiteitsdepartement van die Ekurhuleni-metro se wanbestuur van werkers se oortyd het aanleiding gegee daartoe dat inwoners van Kemptonpark verlede week langer as die verwagte beurtkragperiode sonder krag gelaat is. Norkempark en Birchleigh was verlede week vir 17 uur sonder krag nadat ʼn transformator by die Rietfontein-substasie ná beurtkrag uitgeskop het. Werkers se 40 uur […]
VF Plus sal nie toelaat dat raadslede verhinder word om inligting te bekom
Daar moet daadwerklik opgetree word teen amptenare en raadslede van politieke party wat hulself skuldig maak aan die opsetlike weerhouding van inligting. Dit mag nie toegelaat word nie en die VF Plus het ʼn dringende skrywe aan die speaker van die Ekurhuleni-metroraad, Nthabiseng Tshivhenga, gerig met die versoek om op te tree hieroor. Verskeie amptenare […]
VF Plus help om Hoërskool Birchleigh se waterprobleem op te los
Die Hoërskool Birchleigh in Kemptonpark se waterprobleme is binne vier dae opgelos nadat die VF Plus toegetree het. Die VF Plus het druk op die metro se departement van water en energie geplaas en daarop aangedring dat die stukkende waterpyp wat die probleem veroorsaak, dringend herstel word. Die metro het wel watertenkwaens na die skool […]