Polokwane: Verdere ondersoeke gelas na βspookwerkersβ
Danksy die VF Plus se volgehoue druk, het die Polokwane-plaaslike munisipaliteit verdere ondersoeke gelas na beweerde βspookwerkersβ wat in diens is van die munisipaliteit en die oormatige oortyd wat werknemers eis. Die party het voortdurend druk toegepas in die komitees waarop hy dien om hierdie bewerings deeglik te ondersoek en die skuldiges aan die kaak […]
Polokwane: VF Plus verwelkom dissiplinΓͺre stappe teen hoof finansiΓ«le beampte en staatsamptenare oor beweerde ongerymdhede
Die VF Plus verwelkom die streng dissiplinΓͺre stappe wat die munisipale raad van Polokwane geneem het teen amptenare wat by beweerde ongerymdhede betrokke was. Die raad het vandeesweek tydens Ε spesiale raadsvergadering besluit om die hoof finansiΓ«le beampte, mnr. Naazim Essa, en die waarnemende direkteur vir strategiese beplanning, monitering en evaluering, mev. Mapula Mamabola, te […]
Polokwane neem stappe teen staatsdepartement nΓ‘ druk van VF Plus
Die Polokwane-plaaslike munisipaliteit het ná druk van die VF Plus begin optree teen staatsdepartemente wat nie hul munisipale diensterekeninge vereffen nie. Stappe word tans geneem om munisipale dienste aan die betrokke staatsdepartement te staak. Dit volg nadat daar geen reaksie van die kant van die staatsdepartemente was op kennisgewings van die munisipaliteit om uitstaande skuld […]
Regeringsdepartemente skuld Polokwane astronomiese bedrae
Dit is skokkend om te sien hoeveel geld regeringsdepartemente aan die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) skuld. Dit is buiten die feit dat ondernemings en inwoners ook groot bedrae ten opsigte van agterstallige diensterekeninge aan die munisipaliteit verskuldig is. Teen die einde van Januarie 2023 het regeringsdepartemente se skuld sowat R271 miljoen beloop. Die provinsiale departement vir […]
ANC se gebrek aan instandhouding van infrastruktuur laat Polokwane in die steek
Ná die ongewone hoë reënval die afgelope tyd in die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) het veral paaie en ander infrastruktuur groot skade gely weens die ANC-beheerde munisipaliteit se gebrek aan voorkomende instandhouding. Om die stormwaterstelsel net so af en toe skoon te maak, is nie die antwoord nie. Dié stelsel moet deurlopend versien word om blokkasies […]