Burgemeester van Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit se beweerde kru taal skok
Die voorval waar die ANC-burgemeester van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, me. Nikiwe Num, in Julie vanjaar glo in kru taal teen senior bestuurders van die munisipaliteit uitgevaar het, is skokkend. Daar word beweer dat Num tydens ‘n vergadering met die munisipale bestuurspan persoonlik beledigend was teenoor die munisipale bestuurder, Seshego Abrams, en nog ‘n senior […]
Verkiesing van nuwe burgemeester in Matlosana sloer weens ANC-binnegevegte
Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) het die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising (Cogsta) in Noordwes, Lenah Miga, in ‘n skrywe versoek om dringend in te gryp om stabiliteit in die munisipaliteit te herstel. Hierdie stap volg ná die afsterwe van die burgemeester, me. Maetu Kgaile, […]
VF Plus neem sterk standpunt in teen onwettige goedkeuring van Matlosana-begroting
Die VF Plus het vandag tydens 'n raadsitting van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit sterk kapsie gemaak teen die speaker, Washington Ntozini, se beslissing dat die jaarlikse begroting wettiglik goedgekeur is. Ntozini het die beslissing gemaak nadat die VF Plus hom daarop gewys het dat die land se Grondwet bepaal dat munisipale begrotings deur `n meerderheid raadslede […]
VF Plus eis dringende optrede in Matlosana om onwettige staking stop te sit
Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die burgemeester van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeestfontein), Maete Kgaile, aangedring op dringende en ferm dissiplinêre stappe teen werknemers wat tot ‘n onwettige staking oorgegaan het en in die proses ook munisipale eiendom beskadig het. Diegene wat hulle skuldig maak aan intimidasie, vandalisme en […]