fbpx
Vryheidsfront Plus

Korrupsie van lede van Tshwane-metropolisie sal nie geduld word nie

Die inhegtenisneming van twee lede van die Tshwane-metropolisie wat hulle aan beweerde ongerymdhede skuldig gemaak het, moet dien as waarskuwing dat die metro korrupsie nie langer sal duld nie. Die twee beamptes is in hegtenis geneem terwyl hulle sonder toestemming in ʼn privaat voertuig buite hul jurisdiksiegebied in Diepsloot, Johannesburg, diens gedoen het. ʼn Verdere […]

VF Plus verwelkom afdanking van dr. Makwarela as Tshwane-raadslid en -burgemeester

Die VF Plus verwelkom die besluit van die Tshwane-metro se stadsbestuurder, mnr. Johan Mettler, om die Cope-burgemeester, dr. Muranwa Makwarela, af te dank. Dié besluit volg nadat Makwarela se finansiële status geopenbaar is. Volgens inligting wat aan Mettler verskaf is, is Makwarela ‘n ongerehabiliteerde insolvent wat volgens die Grondwet nie kwalifiseer om ‘n openbare amp […]

VF Plus veroordeel onwettige grondbesetting en geweld in Olievenhoutbosch

Die VF Plus veroordeel die geweld wat hierdie week in Olievenhoutbosch in Centurion uitgebreek het ná ‘n uitsettingsbevel teen onwettige grondbesetters. Verskeie eiendomme in die omliggende gebied, onder meer ‘n huis, ‘n skool in Olievenhoutbosch en ‘n lapa, is aan die brand gesteek. Verskeie inwoners het tydelik hul eiendom ontruim. Die situasie is tans steeds […]

Aanranding op Tshwane-speaker ‘n ernstige voorval

Die VF Plus beskou die aanranding op die speaker van die Tshwane-metroraad, dr. Murunwa Makwarela, in ‘n ernstige lig en het vandag die speaker vergesel om ‘n klag van aanranding by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig gemaak het. Die VF Plus, as deel van die koalisie-regering in die Tshwane-metro, stem saam met die speaker dat raadslede ‘n […]

Geen genade’-veldtog werp vrugte af met inhegtenisneming van misdadige Tshwane-metropolisielede

Die Tshwane-metro sal geen genade toon aan metropolisielede wat hulle skuldig maak aan ongerymdhede en misdaad nie. Dit is die afgelope drie weke bewys met die inhegtenisneming van vyftien Tshwane-metropolisielede vir verskeie oortredings soos gewapende roof, omkopery, intimidasie, korrupsie, ontvoering, diefstal by onder meer ondernemings, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en dwelms. Ses […]

VF Plus wen deurslaggewende rondte in stryd teen dwelmhandel in Tshwane-metro

Die VF Plus het die afgelope week ‘n belangrike rol gespeel in die stryd teen dwelmhandel in die Tshwane-metro. Die Tshwane-metropolisie (TMP) het ‘n belangrike deurbraak in die stryd teen dwelmhandel gemaak toe suksesvol toegeslaan is op ‘n dwelmhandel-sindikaat in Pretoria-Oos. Die TMP staan onder die beheer van die VF Plus se raadslid, Grandi Theunissen. […]

Druk verkeersvloei in Pretoria verlig

Verkeersopeenhopings by besige kruisings in Pretoria wat deur langdurige periodes van beurtkrag veroorsaak word, word nou verlig deur die ontplooiing van metropolisielede en puntspersone by besige kruisings. Die grootste verkeersknelpunte in Pretoria is geïdentifiseer waarna lede van die Tshwane-metropolisie ontplooi is. Die metro se departement van gemeenskapsveiligheid sal in die nabye toekoms ook ander belanghebbendes […]

VF Plus in Tshwane-metroraad stel inwoners se veiligheid voorop

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad stel inwoners se veiligheid voorop en het daarom verskeie aksies tesame met gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s) buurtwagte, die polisie en die Tshwane-metropolisie (TMPD) geloods om misdadige elemente in die metro uit te roei. Die VF Plus sal hiermee voortgaan en beplan onder meer ’n hersiening van die metroraad se polisiëringsplan en […]

Tshwane-metro dien strafregtelik klag in teen EFF

Raadslede van die veelparty-koalisieregering in die Tshwane-metroraad, waarvan die VF Plus deel vorm, het vandag ‘n strafregtelike klag teen verskeie EFF-lede en die party se koukusleier, Obakeng Ramabodu, aanhangig gemaak. Die klag spruit uit die EFF-lede se optrede op 19 Mei tydens ‘n spesiale raadsvergadering waartydens die Tshwane-metro se 2022/23-begroting ingedien moes word. EFF-lede het […]

VF Plus veroordeel EFF se ontwrigting van Tshwane-begrotingsvergadering

Die VF Plus veroordeel die optrede van EFF-lede vandag gedurende ‘n spesiale raadsvergadering waartydens die Tshwane-metro se 2022/23-begroting ingedien sou word. EFF-lede het gedurende die vergadering raadseiendom beskadig, elektroniese apparaat uitgeruk en tafels en stoele rondgegooi kort voordat Peter Sutton, burgemeesterskomiteelid vir finansies, sy toespraak kon lewer. EFF-lede het voor die aanvang van die begrotingsvergadering […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.