fbpx
Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-raadslid wat as behoeftige geregistreer is, moet geld terugbetaal

Die VF Plus het as lid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se finansiële komitee in ʼn ondersoek na raadslede wat agterstallig is met hul munisipale rekeninge, gevind dat ʼn ANC-raadslid na bewering jare reeds as ʼn behoeftige geregistreer is. Die raadslid is in 2016 as raadslid verkies. Hy kry die afgelope sewe jaar korting op sy […]

Huisverkopers in Emfuleni sal moet wag vir terugbetalings

Huisverkopers in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit sal langer moet wag om terugbetalings van dié munisipaliteit te ontvang nadat Randwater en Eskom die afgelope vier maande Emfuleni se bankrekenings gevries het. Die Ekurhuleni-munisipaliteit het 1036 aansoeke vir die terugbetalings van deposito’s ontvang. Slegs 423 hiervan is gestuur vir verwerking deur die rekeningafdeling. Die munisipaliteit moes ook ʼn […]

Eskom gooi reddingsboei na Emfuleni

Eskom se reddingsboei wat hy na die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit gooi om sy agterstallige skuld van miljarde te betaal, is prysenswaardig, maar die VF Plus twyfel of dié munisipaliteit by enige van die afbetalingsooreenkomste sal hou. Eskom het vandeesweek aangedui dat hy ʼn afbetalingsooreenkoms met Emfuleni wil aangaan om sy kragskuld van R1,2 miljard te delg. […]

Lesufi se ingryping in Emfuleni blyk meer skadelik as goed te wees

Dit wil voorkom of die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se ingryping in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) meer skade as goed kan doen. Die ingryping is om die munisipaliteit uit finansiële bankrotskap te red. Met elke poging om te help val Emfuleni egter net verder in die moeilikheid. Die VF Plus […]

Emfuleni-plaaslike munisipaliteit keur onbefondsde begroting goed

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het Dinsdag vir die laaste keer sy sesde agtereenvolgende onbefondsde 2023/24-finansiële begroting goedgekeur. Die provinsiale tesourie van Gauteng het aangedui dat geen munisipaliteit in dié provinsie voortaan ʼn onbefondsde begroting mag goedkeur nie. Emfuleni se onbefondsde begroting beteken dat daar geen einde in sig is vir […]

VF Plus sorg dat bejaardes bo 70 in Emfuleni nie erfbelasting betaal

Die VF Plus het gister tydens ʼn begrotingsvergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ʼn belangrike oorwinning vir bejaardes behaal. ‘n Voorstel van die party is goedgekeur dat bejaardes bo 70 vrygestel word van erfbelasting. ʼn Verdere verligting vir bejaardes ouer as 60 in Vanderbijlpark, Vereeniging en Evaton is dat die maksimum maandelikse inkomste om te kwalifiseer […]

Amptenare van Emfuleni saai verwoesting oor geen salarisse

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit wat nie vandeesmaand ‘n salaris ontvang het nie, hardloop sedert verlede Vrydag in die strate van Vanderbijlpark rond, breek deure af, rand mense aan en stig brande. Geen salarisse vir Mei kon betaal word nie nadat Randwater en Eskom beslag gelê het op Emfuleni se bankrekenings. In April het Eskom […]

Groot dele van Emfuleni staar totale duisternis in die gesig

Groot dele van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) stuur op algehele duisternis af weens die munisipaliteit se bankrekening wat die afgelope drie maande deur Randwater en vanaf verlede jaar deur Eskom gevries is. Eskom het verlede week ʼn stap verder gegaan en beslag gelê op Emfuleni se beleggingsrekening. Indien die munisipaliteit […]

Werkers van Emfuleni sit ledig terwyl openbare toilette vrot

Die toiletgeriewe van die lisensiekantoor in Vereeniging is so morsig dat geen mens dit kan waag om daarvan gebruik te maak nie. Die VF Plus het verlede week ʼn oorsigbesoek gebring aan die lisensiekantore en op die skokkende tonele in die toiletgeriewe afgekom. Die publiek moet van dié geriewe gebruik maak wanneer hulle vir ure […]

Geen salarisse vir Emfuleni-amptenare

Amptenare en raadslede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het nie soos gebruiklik gister op die 25ste salarisse ontvang nie. Randwater het op 19 April beslag gelê op Emfuleni se bankrekening weens uitstaande skuld van R888 245 710. Die waterverskaffer het egter uit goedertrou die beslagleggingsbevel vir ‘n dag opgehef sodat […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.