Beplande snelweg deur Mbombela-woongebied moet heroorweeg word
Die VF Plus steun om verskeie redes belangegroepe se kommer oor die beplande snelweg deur digbewoonde gebiede van Nelspruit/Mbombela in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier). Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipaliteit onmiddellik diΓ© projek en oordrag van die woongebiede aan Sanral staak en in gesprek tree met die […]
Mbombela verontagsaam openbare proses aangaande beplande behuisingsontwikkeling
Die VF Plus het dringende vrae by die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) ingedien oor die munisipale bestuur se voorneme om te herfokus op ‘n beplande behuisingsontwikkeling. Dit is ten spyte daarvan dat ‘n openbare deelnameproses nog nie daaroor gehou is nie. Mbombela het ou syfers vanaf 2011 voorgehou as deel van […]
OG-verslag beklemtoon dat sterk optrede teen korruptes in Mbombela nodig is
Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor die prestasie van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit rakende die Munisipale Finansiële Bestuurswet, lewer verdoemende getuienis van wanbestuur met min optrede teen korruptes. Die oudit-mening vir die 2021/2022-boekjaar wys die prestasie van dié munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) het totaal agteruitgegaan met finansiële state wat duidelike materiële wanvoorstellings bevat. […]
Wettigverklaring van onwettige nedersettings in Mbombela ‘n verkiesingsfoefi
Die burgemeester van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier), me. Sibongile Makushe, se voorneme om onwettige nedersettings wettig te verklaar, is bloot ‘n verkiesingsfoefie. Makushe se populistiese oplossing vir 'n komplekse probleem getuig van opportunisme om stemme te koop vir die ANC in die 2024-verkiesing. Dit blyk dat sy nou fokus op […]
Belastingbetalers in Mbombela betaal ongeveer R14 miljoen maandeliks aan oortydvergoeding
Departementshoofde van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) se wanbestuur het veroorsaak dat die munisipaliteit sowat R14 miljoen maandeliks aan oortydvergoeding betaal. Die VF Plus het hom sterk uitgespreek teen die onbevoegdheid van departementshoofde in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings wat nie behoorlik beheer oor oortydbetalings uitoefen nie. Van die werknemers het […]
Witrivier-waterkrisis: VF Plus eis dringende ingryping
Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier), mnr. Wiseman Khumalo, gevra om dringend in te gryp in Witrivier se waterkrisis. Onvoldoende of geen watervoorsiening aan inwoners van die dorp en omliggende gebiede die afgelope ses weke is ‘n groot bron tot kommer vir die VF […]
VF Plus gekant teen beplande snelweg deur toeristedorp en natuurreservaat in Mpumalanga
Die VF Plus is gekant teen die beplande P166-snelweg wat die toeristedorp Witrivier in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) effektief in die helfte sal verdeel. Die party steun die Witrivier-belastingbetalersvereniging wat aanvoer dat die ontwikkeling van padinfrastruktuur meer 'n behoefte aan die oostekant van die dorp is, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale […]
VF Plus verdoem munisipale staking in Mbombela voor Springbok-wedstryd
Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela/Nelspruit gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks. Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion […]
Humeure vlam op oor swak dienslewering by Witrivier-lisensiekantore
Die swak diens wat die gemeenskap van Witrivier by die plaaslike voertuiglisensiekantoor ontvang, het Vrydag die humeure laat opvlam tot so ‘n mate dat verskeie persone eerder huis toe is om die plofbare situasie te vermy. Die gemeenskap van Witrivier kla al ‘n geruime tyd oor die swak dienslewering by dié lisensiekantoor. Probleme wat meermale […]
Mbombela-munisipaliteit sloer met uitbetaling aan Laeveld Dierebeskermingsvereniging terwyl diere ly
Dit is onaanvaarbaar dat die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) se gesloer om ‘n betalingsooreenkoms tussen die munisipaliteit en die Laeveld Dierebeskermingsvereniging (DBV) te eerbiedig, direk daartoe gelei het dat die DBV se Barberton-tak einde Februarie sy deure moes sluit. Dit plaas die oorblywende twee takke in Nelspruit en Witrivier onder groter […]