fbpx
Vryheidsfront Plus

City Power beplan om twee hospitale se kragtoevoer te staak

City Power beplan om die kragtoevoer na twee provinsiale hospitale, Helen Joseph en die Rahima Moosa-moeder en kind, te sny weens uitstaande skuld van R32 miljoen. Die Gautengse departement van openbare werke is verantwoordelik vir die vereffening van die hospitale se kragskuld aan Power City. Hierdie is ʼn tipiese voorbeeld van swak interne administrasie waar […]

VF Plus stem teen Johannesburg-metro se begroting

Die VF Plus het Donderdag nie die Johannesburg-metro se 2023/24-finansiele begroting van R80.9 miljard gesteun nie. Dit is hoofsaaklik weens die buitengewone tariefverhogings en die reuse agterstand in infrastruktuuronderhoud. Die VF Plus het sy kommer uitgespreek oor die nuwe aangepaste tariewe omdat Suid-Afrikaners se middel- en hoër-middelklas tans 70% van hul maandelikse inkomste aan skuld […]

Burgemeester van Johannesburg se stadsrede erg teleurstellend

Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, se aanval op die voormalige veelparty-koalisie was ongegrond en sy stadsrede teleurstellend. Die VF Plus het hom daaraan herinner dat die stad se administrasie die afgelope finansiële jaar net vir ses maande in die hande van die veelparty-koalisie was. Die tekort aan onderhoud van infrastruktuur het lank voor koalisies […]

Kragsabotasie in Roodepoort

Die afgelope week is subkontrakteurs van die Stad van Johannesburg gevang waar hulle besig was om ʼn substasie in Wilropark, Roodepoort, te saboteer. Dié gebied het die afgelope ses maande gebuk gegaan onder kabeldiefstal en algemene kragsabotasie. Die gebeure is ‘n nuwe verskynsel waar kontrakteurs sabotasie pleeg om vir hulself meer werk te skep. Dit […]

Roodepoort kreun onder kragonderbrekings

Inwoners van Roodepoort moet behalwe vir gewone beurtkragskedules ook probeer oorleef met ongeskeduleerde kragonderbrekings. Net oor die afgelope naweek is verskeie kragprobleme waaronder kabelfoute, ‘n stukkende transformator en kragfoute waarvan die oorsprong nog nie bepaal kon word nie, regoor Roodepoort aangemeld. Die Johannesburgse metro sal miljarde rand moet bestee om die 25 jaar van die […]

VF Plus sal stry vir billike bedeling vir eiendomseienaars in Johannesburg

Die VF Plus sal alles in die stryd werp om vir eiendomseienaars in die Johannesburgse metro ‘n billike bedeling te beding wat betref eiendomsbelasting. Die Johannesburg-metro het sy jongste eiendomswaardasierol pas bekend gemaak. Dit tree op 1 Julie 2023 in werking. Die jongste waardasies van eiendom is egter buite verhouding met die werklike markwaarde van […]

Lig in die tonnel met Johannesburg-metro se begroting

Met die 2022/23-begroting van die Johannesburgse metro is daar nie net gepoog om die metro na herstel te lei nie, maar om ‘n begroting daar te stel in belang van die belastingbetalers. Die VF Plus, as lid van die koalisieregering, het die nuwe begroting van R77.3 miljard gesteun om die volgende redes: • In die […]

Johannesburgse stadsrede bring hoop aan inwoners

Johannesburg se stadsrede en nuwe projekte bring hoop aan inwoners, maar harde werk wag om die stad weer op die herstelpad te kry. Die VF Plus, wat deel is van die koalisieregering in die metro, het reeds daarop gewys dat dit belangrik is om die afsonderlike werkswyse van die onderskeie departemente tot ‘n einde te […]

Johannesburgse koalisieregering doen voorlegging aan Nersa teen Eskom se 20,5%-tariefverhoging

Die Johannesburgse koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, is gekant teen Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 20,5% en doen daarom vandag ‘n voorlegging in dié verband aan Nersa. Die koalisieregering glo die verhoging is onrealisties in die huidige ekonomiese omstandighede en dat inwoners en sake-ondernemings, wat reeds gebuk gaan onder groot finansiële druk, dit […]

Johannesburgse raadsvergadering ontaard in chaos

Die veelparty-regering van die Johannesburgse metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het gesamentlik besluit om die gebeure waar raadslede gistermiddag deur oproerige ANC- en EFF-raadslede beseer is, te ondersoek. Ontevredenheid vanuit ANC-geledere het begin toe hulle nie daarin kon slaag om hul partyleier verkies te kry as ‘n voorsitter van enige van die metroraad […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.