Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NGV sal gesondheidsorg in Suid-Afrika vir almal laat verval

(Oorweging van Nasionale Gesondheidsversekeringwetsontwerp in NRP) Die haalbaarheid van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onder die ANC-regering is net soos president Cyril Ramaphosa se droom van “slim stede” en elektriese voertuie in Suid-Afrika, blote wensdenkery. Die ANC verkeer in ʼn grootheidswaan en wil met die NGV ʼn fabel aan kiesers verkoop wat nie eens in ʼn […]

ANC so vervalle dat hy nou al spog met sy mislukkings

(Debat in NRP: Versnel die verskaffing van maatskaplike dienste, veiligheid en die bevordering van ekonomiese hervormings vir ekonomiese herstel) Die ANC-regering verkeer in die waan dat dit ʼn groot prestasie is om miljoene Suid-Afrikaners van maatskaplike toelaes te voorsien. Dit is verstommend dat hy nie kan insien dit is nie ʼn prestasie nie, maar ʼn […]

Mashatile erken regering faal met ingrypings by munisipaliteite in Noordwes

Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus in die nasionale raad van provinsies (NRP) erken dat die regering daarin faal om doeltreffend by munisipaliteite in Noordwes in te gryp. Mashatile skryf die onsuksesvolle regeringspogings toe aan die feit dat die munisipaliteite gekenmerk word deur “swak regering, ʼn […]

Minister gee VF Plus toe oor optrede teen soldate wat by DRK-seksskandaal betrokke was

Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, stem saam met die VF Plus dat die Suid-Afrikaanse soldate wat betrokke was by ’n seksskandaal in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), self moet opdok vir die kostes rondom die ondersoek indien hulle skuldig bevind word. Dit sluit die reiskostes van die ondersoekspan in […]

Korrektiewe dienste se laksheid belemmer polisie-doeltreffendheid in Noordwes

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), erken dat die department van korrektiewe dienste (DKD) vir bykans drie jaar gesloer het om met herstelwerk by die Potchefstroomse tronk te begin nadat ʼn gedeelte in 2020 in ʼn brand beskadig is. […]

Creecy sleep voete met regstellende stappe na Biesiesvlei-brandramp

Die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, en haar departement sloer om gepaste stappe te neem nadat duisende buitebande by ʼn bandbergingsgerief by Biesiesvlei in Noordwes groot omgewingskade tydens ʼn brand aangerig het. Dit blyk uit ʼn antwoord op ʼn vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP). Die […]

Mashatile ontken realiteit oor wit ingenieurs

Adj.pres. Paul Mashatile is nie bereid om die waarheid te erken oor die tekort aan wit manlike ingenieurs in die land of die skadelike gevolge daarvan wat hoofsaaklik te wyte is aan transformasie in die tegniese bedryf nie. Die VF Plus het adj.pres. Mashatile vandag gewys op die laaste infrastruktuur-verslag (2022) van die Suid-Afrikaanse Instituut […]

ANC-regering faal vroue in landbousektor reeds vir 29 jaar

Die VF Plus het vandag tydens ʼn debat in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) daarop gewys dat die ANC-regering, ten spyte van vele beloftes en jarelange “bemagtigingsuitsprake” vroue in die landbousektor deurlopende gefaal het. Die debat se temas was “die uitbreiding van landbou- en landelike ontwikkelingsgeleenthede vir landelike vroue in Suid-Afrika”. Geen doeltreffende regeringsbeleid […]

Ramaphosa se 40% staatskontrakte vir vroue nog ʼn ANC-verkiesingsfoefie

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die kabinet ʼn wetsontwerp opstel wat staatsdepartemente sal dwing om voortaan 40% van alle aankope van maatskappye in vrouebesit te doen, is duidelik nog ʼn ANC-verkiesingsfoefie in aanloop tot die 2024-verkiesing. Sulke wetgewing is onprakties, onuitvoerbaar en skep verwagtinge waaraan nie voldoen kan word nie. Ramaphosa het die aankondiging […]

Kragopwekker by binnelandse sake in Potchefstroom herstel na ingryping van VF Plus

Kragtoevoer tydens beurtkrag is op 27 September by die kantore van binnelandse sake in Potchefstroom herstel nadat die VF Plus ʼn versoek hiertoe gerig het tot die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi. Dienslewering by die kantore is vir maande gekniehalter deurdat die nood-kragopwekker onklaar geraak het en nie herstel is nie. Die kantoor […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.