Mooibank-besettingsage illustreer rampspoedige gevolge van ANC-politiekery vir JB Marks
Die Mooibank-grondbesetters by Potchefstroom is vandeesweek ná ‘n uitgerekte proses van meer as twee jaar na ‘n stuk grond aangrensend tot Dassierand in die dorp verskuif. Die verskuiwing volg nadat die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming ‘n uitsettingsbevel verkry het. Die betrokke owerhede het egter in […]
Ondersoek na rioolprobleme in Potchefstroom na volgehoue druk deur die VF Plus
Die nasionale departement van water en sanitasie het aan die VF Plus in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit bevestig dat daar reeds ondersoek ingestel word na die voortslepende rioolprobleme wat die inwoners van Potchefstroom vir ‘n geruime tyd teister. Me. Jeanette Nyama, omgewingsbeampte van die departement, het ook die versekering gegee dat die rioolsituasie in Potchefstroom […]
VF Plus eis ferm optrede teen tenderbendes wat vullisverwydering in Potchefstroom ontwrig
Die VF Plus het vandag vergader met die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) se munisipale bestuurder, Olofentse Masibi, en versoek dat dringend opgetree word teen ‘n groep tenderbendes wat vullisverwydering in Potchefstroom deur protesoptrede ontwrig. Masibi het hierop onderneem om onmiddellik aandag aan die kwessie te skenk en het ook die polisie versoek om in […]
VF Plus verwelkom bekragtiging van interim-hofbevel teen onwettige grondbesetters by Mooibank, Potchefstroom
Die VF Plus verwelkom die hooggeregshof in Mahikeng se bekragtiging van die interim-hofbevel teen onwettige grondbesetters by Mooibank, Potchefstroom. Die interim-bevel is reeds op 15 Januarie 2021 toegestaan nadat die VF Plus op 12 Januarie ingegryp het en die owerhede onmiddellik oor die grondbesetting ingelig het. Die VF Plus het ook die departement van landbou, […]