fbpx
Vryheidsfront Plus

Phokwane-stortingsterreine almal haglik

Die stortingsterreine in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstad) is almal in Ε‰ haglike toestand en hou Ε‰ gesondheids- en veiligheidsrisiko in vir inwoners. Die VF Plus het Ε‰ oorsigbesoek aan die terreine gebring en is vergesel van afgevaardigdes van die Francis Baard-distriksmunisipaliteit, waaronder Phokwane val, asook verteenwoordigers van die plaaslike regeringsvereniging (Salga). Die […]

Jan Kempdorp-huis brand af naby halfgeboude brandweerstasie

‘n Elektriese kortsluiting net nΓ‘ beurtkrag het veroorsaak dat ‘n gesin van Jan Kempdorp net hul nagklere oor het na ‘n brand Saterdagoggend, net na middernag. Die eienaar van die huis, mnr. Frikkie Schoombee, het om eenuur die oggend van die rook wakker geword, net betyds om sy vrou, Marlize, en twee dogters uit die […]

N18-ongelukspad: VF Plus tree op

Die VF Plus het ingegryp ná die gru-ongeluk verlede naweek op die N18 tussen Hartswater en Jan Kempdorp in ‘n poging om die pad veiliger te maak en lewens te red. Die party het 'n dringende vergadering met toepaslike rolspelers aangevra om die aangeleentheid te bespreek en oplossings te vind. Die waarnemende munisipale bestuurder van […]

Phokwane: ANC-speaker met mosie van wantroue gelig – net om nuwe ANC-speaker te kry

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad) het 'n gulde geleentheid om die ANC uit die kussings te lig, deur die vingers laat glip. Indien die opposisie saamgewerk het, sou hulle Phokwane van vandag af van 28 jaar se wanbestuur kon herstel. Met die 2021-plaaslike verkiesing het die ANC tien van die moontlike negentien […]

Phokwane keur gebrekkige begroting goed

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstad) het tydens ‘n spesiale raadsvergadering die 2022/23-finansiële begroting goedgekeur ten spyte van ernstige tekortkominge. Die VF Plus het tydens die vergadering hierdie tekortkominge uitgewys waaronder die onvoldoende voorsiening vir die herstel en onderhoud van die padnetwerk. Paaie in die munisipaliteit is in sommige gevalle bykans onbegaanbaar. Teen hierdie […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.