Erkenning van Afrikaners se gemeenskaplike verbintenis tot grond ʼn noodsaaklike sleutel tot grondhervorming
(Begrotingsdebat in parlement: Landbou en grondhervorming) Die politieke en tegniese sye van landbou is twee kante van dieselfde munt en om die een aan die ander ondergeskik te stel, is om noemenswaardige risiko te skep. Grondbesit staan altyd in ‘n verhouding tot die verspreiding van politieke mag, teenswoordig of histories. Wanneer ‘n politieke grondverskuiwing plaasvind, […]
Ongemotiveerde aanstelling by Unisa – VF Plus dien klag in by OB
Die VF Plus het vandag ’n klag namens ’n werknemer van Unisa by die openbare beskermer (OB) ingedien weens voortslepende ongerymdhede by dié instelling. In hierdie geval weens ‘n klaarblyklik onregmatige aanstelling. Korporatiewe regering is lank reeds ’n krisis by Unisa. Die verslae van ’n ministeriële taakspan en ’n onafhanklike assessor, wat albei grootskaalse ongerymdhede […]
Nzimande se plan oor “vermiste middelgroep”-studente klink goed, maar…
Die VF Plus is bly dat die sogenaamde vermiste middelgroep- studente uit huishoudings wat te veel verdien om vir NSFAS-beurse te kwalifiseer maar te min om banklenings te kry, die nodige aandag kry. Volgens ‘n aankondiging deur die minister vir hoër onderwys, wetenskap en innovasie, dr. Blade Nzimande, kan hierdie studente voortaan vir lenings kwalifiseer, […]
Outa se jongste NSFAS-verslag: VF Plus versoek dringende vergadering van portefeuljekomitee
Die VF Plus het ‘n dringende vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir hoër onderwys, wetenskap en innovering versoek nadat die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) weer geruk is met nuwe bewerings van korrupsie. Die bewering word gemaak deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en betrek sowel die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, as […]
Weet Eskom nie, of vertel hy leuens? Gevolge van beurtkrag is ewe erg
Die mees verdoemende oordeel oor elektrisiteit in Suid-Afrika is die onvoorspelbaarheid van beurtkrag. Toe Fase 6-beurtkrag oor die naweek aangekondig is, was dit kort na eenheid 1 van die Koeberg -kragsentrale met die netwerk gesinchroniseer is. Dit is toe as ʼn deurbraak bestempel. Oor die naweek het daar egter eenhede by ander kragsentrales buite orde […]
Onderwysinstellings moet in kultuurgemeenskappe geanker wees
(Parlementsdebat oor die reg van gemeenskappe om deel te neem aan die bestuur en ontwikkeling van openbare – en private onderwysinstellings) In ʼn debat van nasionale belang wat die VF Plus aangevra het, was die rol van kultuurgemeenskappe ʼn onderwerp wat vandag vonke in die parlement laat spat het. Inleidend tot die debat het die […]
VF Plus wens matrikulante sterkte toe vir eksamen
Te midde van al die woelinge in onderwys, herinner die matriekeksamen almal waaroor dit eintlik gaan: Die opvoeding van kinders om spontane, doeltreffende volwassenes te raak wat tot die gemeenskap kan bydrae. Die Nasionale Seniorsertifikaat, soos matriek amptelik bekendstaan, is ‘n leerder se bewys dat die skoolloopbaan suksesvol voltooi is. Dit is wel nie ‘n […]
Bela-wetsontwerp: Nog nie einde van die geveg
Die omstrede Bela-wetsontwerp is vandag, met die teenstem van die VF Plus, DA en ACDP, aanvaar in die Nasionale Vergadering (NV). Dit volg na ‘n maandelange toutrekkery tussen die ANC en verskeie belangegroepe wat hul plek langs politieke partye in teenstand daarteen ingeneem het. Die proses wat nou moet volg, is dat provinsiale wetgewers die […]
Staan saam met die VF Plus op teen Bela-wet
Die parlement se Nasionale Vergadering (NV) stem môre (Donderdag 26 Oktober) oor die omstrede Bela-wetsontwerp wat verreikende gevolge vir basiese onderwys in Suid-Afrika inhou. Saam met die poging om onteiening sonder vergoeding deur te dryf, is Bela ‘n verbreking van die skikking van 1994. Die VF Plus was nog nooit baie beïndruk met daardie skikking […]
Nzimande se houding teenoor Afrikaans wys VF Plus is reg oor Afrikaanse onderwys en Grondwet-artikel
Die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, se herbesoek oor Afrikaans as inheemse taal bevestig eintlik wat hy van die begin af gesê het: Afrikaans is ‘n histories bevoorregte taal en sal nie deur die staat ondersteun word voordat Afrika-tale tot dieselfde vlak ontwikkel het nie. Die nuwe Beleidsraamwerk vir Hoër Onderwys wat vroeër […]