Vonnis van EFF-LP oor aanranding op polisieman word verwelkom

Die VF Plus verwelkom die vonnis van agtien maande gevangenisstraf opgeskort vir vyf jaar wat die Kaapstadse streekhof vandag opgelê het aan die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, vir die aanranding van ʼn polisieman in 2019. Dlamini het die polisielid adj.off. Johan Carstens op 7 Februarie 2019 ná die staatsrede in die nasionale vergadering (NV) […]
Staatsrede 2024: Duidelik dat Ramaphosa nie weet wat ons weet nie

President Cyril Ramaphosa het met sy staatsrede ondubbelsinnig gewys dat hy en die ANC-regering totaal verwyder is van die realiteite van die probleme waarmee gewone Suid-Afrikaners daagliks mee worstel. Hy weet klaarblyklik nie wat gewone Suid-Afrikaners weet nie. Een voorbeeld is beurkrag. Verlede jaar het die president beloof dat beurtkrag in 2023 iets van die […]
Wêreldhof-uitspraak oor Israel wys opnuut op ANC se dubbele standaarde

Vandag se uitspraak van die Wêreldhof oor Suid-Afrika se aansoek dat Israel sy militêre optrede in Gasa beëindig, het opnuut die ANC-regering se dubbele standaarde belig. Dit laat die vraag ontstaan waarom die regering soveel geld aan dié saak bestee het terwyl daar 76 moorde per dag in Suid-Afrika gepleeg word. Suid-Afrika is inkomstegewys die […]
Honderde vuurwapenbewysstukke van polisie gesteel

Altesame 357 vuurwapens wat as bewysstukke in die polisie se SAP 13-stoorkamers landwyd geberg is, is sedert die 2020/21-boekjaar gesteel. Slegs ses private persone is tot dusver hieroor in hegtenis geneem. Dit laat die vraag ontstaan wat geword het van die hofsake waarin hierdie bewysstukke gebruik moes word. Daar kan geredelik aanvaar word dat vuurwapens […]
Geen erns van staat om vuurwapendiefstal uit eie geledere te keer

Terwyl daar groot druk is op wettige, private vuurwapenbesit, is die staat self ʼn groot bron van vuurwapenverskaffing aan misdadigers met weinig erns om dit te keer. Dit blyk uit vrae wat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, gerig het aan die ministers van verdediging en militêre veterane, die polisie asook justisie […]
Voortrekkergelofte vandag net so relevant

(Gelofteboodskap: Dr. Pieter Groenewald, Perdeberg, Petrusburg, Vrystaat) Die simboliek van die Voortrekkergelofte van 1838 maak dit vandag, 185 jaar later, net so relevant vir die Afrikaner en ander minderhede wat in die pad staan van die ANC se vernietiging van Suid-Afrika. Die tyd het daarom aangebreek om die gelofte en sy betekenis met ware erns […]
Grondwethof-uitspraak oor onafhanklike kandidate word verwelkom

Die VF Plus verwelkom die Grondwethof-uitspraak oor onafhanklike kandidate en dat die onafhanklike kandidate se aansoek om die gewysigde Kieswet as ongrondwetlik te laat verklaar, verwerp is. Dit bring sekerheid oor die feit dat die verkiesing wel sal plaasvind. Die verkiesingskommissie het reeds sy beplanning vir die verkiesing gemik op 22 Mei 2024. Hy kan […]
Geheimhouding oor ministers se prestasiebeoordeling wys president se minagting vir publiek

Dit is arrogant van die presidensie om te sê dat die prestasiebeoordeling van ministers niks met gewone Suid-Afrikaners te doen het nie en daarom nie bekend gemaak moet word nie. Dit het tewens alles met die mense van Suid-Afrika te doen. Ministers is in die eerste plek openbare ampsbekleërs wat die kiesers verteenwoordig en die […]
Burgerlike groepe moet bal help dra om ANC in 2024-verkiesing te klop

Politieke partye van die Veelpartyhandves het hande gevat en die speelveld voorberei vir die private sektor om deel te neem aan die stryd om die ANC by die stembus te klop. Die bal is nou ook in die burgerlike organisasies se hande om te help om ’n wedstrydplan op te stel waarmee dit gedoen kan […]
ANC is verdagte nommer een wat politieke moorde aanbetref

(Parlementsdebat: Dringende oproep op ingryping deur die polisie en intelligensiestrukture in polities gemotiveerde moorde, insluitend die moord op Zoeloe- en ander tradisionele leiers) Politieke moorde is nie ʼn nuwe verskynsel in Suid-Afrika nie. Dit is lank reeds ʼn wesenlike probleem met vingers wat hoofsaaklik na die ANC wys as verdagte nommer een. In 2013 het […]